16 Desember 2024 Geloftefees – Afrikaner Volk – Betaal jou gelofte aan GOD

In minder as ’n maand is dit weer Geloftefees tyd. Kom ons as Afrikaner volk maak van vanjaar ’n uitsonderlike jaar wat bywoning betref. Dit is ons as volk se plig om die gelofte by te woon en daardeur eer te gee aan die gelofte wat ons voorouers aan God gemaak het. Die Gelofte is net so van toepassing op ons as nageslagte as wat dit vir die handjie vol boere tydens die slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 was.

Wat is die Geloftefees en waaroor gaan dit?

Die Slag van Bloedrivier is op 16 Desember 1838 langs die Bloedrivier in die destydse Natal, Suid-Afrika, geveg.

Sowat 470 Voortrekkers, onder leiding van Andries Pretorius, het ‘n ossewalaer beskerm teen tussen 10 000 en 20 000 Zoeloe-impies. Die Zoeloekrygers, onder Koning Dingaan se regering, is aangevoer deur Dambuza (Nzobo) en Nhlela

Op 15 Desember 1838 het die Voortrekkers inligting verkry dat ‘n groot Zoeloemag op pad was. Pretorius het ‘n uiters goeie gevegsterrein langs die Bloedrivier (toe die Ncomerivier) gekies, waar die ossewaens in ‘n laer getrek is. Ten spyte van mis wat die aand oor die omgewing neergedaal het, was dit die volgende oggend helder. Voor die slag begin het, het die Voortrekkers ‘n gelofte voor God afgelê dat, sou hulle gespaar word, hulle ‘n kerk sal bou en die dag as ‘n sabbat herdenk en hulle kinders van God sal vertel.

Die Zoeloes het die laer herhaaldelik onsuksesvol aangeval totdat Pretorius ná twee uur ‘n groep perderuiters beveel het om die laer te verlaat en die Zoeloes aan te val. In die struweling het Pretorius ook ‘n assegaaiwond aan sy linkerhand opgedoen.

Ten spyte van die feit dat die Voortrekkers vuurwapens teen die Zoeloes se assegaaie gebruik het en ‘n goeie ligging gehad het, het hulle steeds geglo dat hulle nie sonder God se hulp sou kon oorleef nie. Die Britse weermag het met duisende opgeleide soldate met selfs beter vuurwapens teen die Zoeloes geveg en die meeste Britse soldate het in die geveg omgekom. Uiteindelik is slegs drie Voortrekkers gewond en geen dood nie; dít teenoor meer as 3 000 Zoeloekrygers wat gesterf het. 16 Desember is ‘n openbare vakansiedag in Suid-Afrika;

Deelnemers aan die Slag van Bloedrivier

Hier volg ‘n lys van ‘n aantal persone wat aan die Slag van Bloedrivier deelgeneem het:

Hoofkommandant
Pretorius, Andries Wilhelmus Jacobus

Assistent-Hoofkommandant
Landman, Karel Pieter

Kommandante
Jacobs, Pieter Daniel
De Lange, Johan Hendrik (Hans Dons)
Potgieter, Jacobus (Koos)
Erasmus, Stephanus
Uys, Jacobus Johannes
Meyer, Lucas Johannes

Laerkommandante   
Pretorius, Albertus (ook kannonnier)
Erasmus, Lourens
Moolman, Piet (Rooi Piet)
 Fronemann, Christoffel Cornelis

Veldkornette
Steyn, Johannes
Viljoen, Gert
Pretorius, Hercules Albertus (Bart)
Van Staden, Gert
Lombard, Stephanus
Scheepers, Jan
Fourie, Hermanus
Cowie, William
Labuschagne, Casper
Joubert, Jan (ook kanonnier)

Die Gelofte

Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om ’n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ’n dankdag soos ’n Sabbat tot sy eer sal deurbring, en dat ons ’n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.

Geloftefees vieringe van regoor Suid-Afrika

AP Kerk Rustenburg Geloftefees
Plek:  AP Kerk Terrein, H/v Boven en Leyd Straat
Tyd:  09:00
Kontakpersoon:  Ds Nico Grobler – 0826535506 / Johan Vos – 0833916845 / Chris Bolton – 0795259519
Feesspreker:  Chris Bolton

AP Kerk Lebombo Geloftefees
Plek:  AP Kerk Lebombo kerkgebou, Mispelstraat 105, Hectorspruit, 1330
Tyd:  08:00
Kontakpersoon:  Willem Kruger – 0828208662

AP Kerk Oos-Rand Geloftefees
Plek:  Primrose Kerkterrein – h/v Medlarweg en Bardiastraat, Primrose, Germiston
Tyd:  09h30
Kontakpersoon:  Jannie du Plessis – 0721266065

Bapsfontein Geloftefees
Plek:  AP Kerk Grootfontein (Tvl) kerkgebou, Garsfonteinweg, Tierpoort, Pretoria-Oos
Tyd:  09:00
Kontakpersoon:  Wayne Gibbs – 0828180696

Lichtenburg Geloftefees
Plek:  Geloftefeesterrein, CVO Skool Lichtenburg
Tyd:  09:00
Kontakpersoon:  Dr. Adi Schlebusch – 0645483318
Feesspreker:  Prof. Alwyn Swanepoel

Bokraal Gelogtefees
Plek:  Bokkraal Geloftefeesterrein
Tyd:  09:30
Kontakpersoon:  Evert du Preez – 0836356528 / Rupert Richter – 0832189779
Feesspreker:  Henk van de Graaf

Omkyk Geloftefees
Plek:  Plaas Omkyk
Tyd:  09:00
Kontakpersoon:  Johan Terblans – 0845143312
Feesspreker:  Piet Breytenbach

AP Kerk Cullinan-Rayton Geloftefees
Plek:  AP Kerk Cullinan-Rayton kerkgebou, Naudéstraat 82 Rayton 1001
Tyd:  09:00
Kontakpersoon:  Christina Pretorius – 0815529490

Standerton/Bethal Geloftefeesgenootskap Grootfontein
Plek:  Koördinate: S 26°39.796’; O 29°16.309’
Tyd:  13 – 16 Desember (Kerkdiens op Sondag, 15de (10:00); Kerkdiens op Maandag, 16de (10:00). Program vir naweek is beskikbaar by kontakpersone
Kontaknommers: 0835788261 / 0780747027 / 0824153285
Feesspreker:  Willie Spies

Kloof Geloftefees
Plek:  AP Kerk Wonderboom (h/v Joan weg & 7de ln, Hesteapark, Akasia, Pretoria)
Tyd:  09:00
Kontakpersoon: Oudl. Fritz van Graan – 0828542643

Wonderboom Geloftefees
Plek:  Wonderboom Natuurreservaat
Tyd:  09:00
Kontaknommer:  Albert Bierman – 0824615718
Feesspreker:  Ds. Johan de Bruin

Origstad Geloftefees
Plek:  Voortrekker begrafplaas (kranslegging) / Potgietersaal (diens)
Tyd:  Kraanslegging 08:00 – Diens 09:00
Kontakpersoon:  Marnus – 0837515563 / Liesie – 0725925781

Watervalsrivier Geloftefees
Plek:  Watervalsrivier Geloftesaal
Tyd:  09:00
Kontakpersoon: Frans Winterbach – 0824998481

Badfontein Geloftefees
Plek:  Badfontein Wildsplaas Saal
Tyd:  10:00
Kontakpersoon:  Marlize Beetge – 0842088257
Feesspreker:  Dr. Riaan Botha

Lydenburg Geloftefees
Plek:  Gereformeerde Kerk Lydenburg
Tyd:  09:00
Kontakpersoon:  Fanus Potgieter – 0834541167
Feesspreker:  Ds. Abel Steyn
Om aan te sluit by die Perdekomando wat reeds op 15 Desember om 07:00 bymekaarkom, kontak vir Paul le Roux – 0828905884.

AP Kerk Jeffreysbaai Geloftefees
Plek:  AP Kerk Jeffreysbaai Kerkgebou
Tyd:  09:00
Kontakpersoon:  Ds. Lee Greyling – 0823354513

Kouga Geloftefees
Plek:  Lemoenfontein, Gamtoos
Tyd:  10:45
Kontakpersoon:  Wentzel Coetzer – 0725345914 / Ds. Lee Greyling – 0823354513

Kleinfontein Geloftefees
Plek:  Kleinfontein
Tyd:  09:30
Kontakpersoon:  Charel Bezuidenhout – 0822556531

Dewetsdrif Geloftefees
Plek:  Teen die Oewer van die Vaalrivier (7km rivier-op vanaf Skandinawiedrift brug, aan die Vrystaat kant van die Vaalrivier)
Tyd:  09:00
Kontakpersoon:  Juan Greeff – 0798741860 / Herman van Wyk – 0827709444

Schoemansdal Geloftefees
Plek:  Schoemansdal feesterrein, Louis Trichardt
Tyd:  10:00
Kontakpersoon:  Abrie Wepener – 0826862552

Vierling Geloftefees
Plek:  Plaas Vierling ± 100km Noord van Outjo by die Vierling Geloftefees terrain
Tyd:  Sondag die 15de aanddiens om 17:00. Maandag die 16de oggenddiens om 9:00
Kontakpersoon:  Amoré Robberts – +264 81 747 8873 / Hanel Pienaar – +264 81 147 8317 / Adri Pienaar – +264 81 302 2290

Kimberley Geloftefees
Plek:  APK Kimberley – Die Kruis (h/v MacDougall & Queenweg)
Tyd:  09:00
|Kontakpersoon:  Annalien Keyser – 0837151202

Mabula Geloftefees
Plek:  Mabula Boeresaal
Tyd:  09:00
Kontakpersoon:  Theo Ahlers – 0828247321
Feesspreker:  Bennie van Zyl

AP Kerk Pretoria-Oos Geloftefees
Plek:  Glenwoodweg 50, Lynnwood Glen
Tyd:  08:00
Kontakpersoon:  Eddie Celliers – 0824514343

Kaapland Geloftefees
Plek:  Delsma Plaas (Riebeek Kasteel)
Tyd:  10:00
Kontakpersoon:  Callie Liebenberg – 0834142584 / Ds. Jan Fourie – 0725071636

Balfour Geloftefees
Plek:  Balfour Gelofte saal (Joubertstraat, Balfour)
Tyd:  08:30
Kontakpersoon:  Thys Lourens – 0825618553

Groenrivier Geloftefees
Plek:  30km vanaf Garies op die Groenrivierpad
Tyd:  08:00
Kontakpersoon:  Hestellé – 0721364453

Burgersdorp Geloftefees
Plek:  Laerskool Burgersdorp Skoolsaal
Tyd:  09:00
Kontak:  Herman Swanepoel – 0829235568

One thought on “16 Desember 2024 Geloftefees – Afrikaner Volk – Betaal jou gelofte aan GOD

  1. Die mederheid van ons Volk weet nie hoe om Sabbat te onderhou nie, hoe sal hulle dan die dag volgens belofte onderhou soos ‘n Sabbat…
    Exodus 20
    Gedenk die Sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die Sabbat van jou God; dan mag jy géén werk doen nie — jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
    Jesaja 58
    13As jy jou voet terughou van die Sabbat — om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat ‘n verlustiging noem en die heilige dag van die SKEPPER hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie;

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui