Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar: “Daar is plek vir ons kleinboere”
Dean Barnard (40) van Oppie Plaas-boerdery in die Waboomskraal-area naby George, is as 2024 se Agri Wes-Kaap en Santam se Jongboer van die Jaar aangewys. Hy is al 19 jaar by die boerdery betrokke en boer met hops, pruime, amandels en pekanneute. Dean Barnard (naaslinks) van Oppie Plaas-boerdery van George, Agri Wes-Kaap en Santam se Jongboer van die Jaar…