“SY KERSIE BRAND”,SÊ THYS SE MA NA 50 JAAR… Bosveldklong begrafnis is betaal

*foto – verskaf: ‘n Jonger Thys Streicher vanuit sy skooldae.

*berig: hfcsmit.

“Sy kers staan hier langs my en brand, ek het netnou so na sy foto langs die kersie gekyk en gesê, jy het gedink ek gaan vergeet, nie die ma van jou nie”, dit was die woorde van Elise Brink (73) tydens ons nuuskantoor se telefoniese gesprek met haar om te hoor hoe dit met haar gemoed en gesondheid gaan na die afsterwe van Thys Streicher, of soos bekend in die volksmond Thys die Bosveldklong. Thys sou Sondag sy 50ste verjaarsdag gevier het.

Brink, het gesê dat sy bekommerd is oor haar gesondheid wat na weke en weke se spanning ‘n paar dae terug net agteruit begin gaan het. “Ek sit nog in ‘n rolstoel. Ek warry, ek kan steeds nie loop nie, ek hoop net ek sal teen volgende week Dinsdag, kan loop” het ‘n aangedane Brink gesê. Sy het verwys na die dag waarop haar kunstenaarsseun tydens ‘n lewensvieringsdiens gegroet sal word.

Brink wag ook op bloedtoetsuitslae insake haar gesondheid wat sy “hopenlik teen more sal kry”. Die organiseerders van ‘n golfdag en veiling wat aangebied was vir Thys kort voor sy heengaan het uit die fondse wat daarvan beskikbaar is betalings in die verband gemaak waarvoor Brink dankbaar is.

Die lewensvierings diens waarna verwys word sal Dinsdag 25 Junie 2024 in Pretoria gehou word. Die finale besluit oor die logistieke uitsluitsel van die diens is teen Maandag middag laat gefinaliseer het Ignaz Streicher ,wat reëlings namens Brink fasiliteer bevestig. Daar sal ongeveer ‘n 100 persone die diens kan bywoon wat direkte familie van Thys insluit en kolegas vanuit die bedryf waarin hy gewerk het. Om in ‘n koste raamwerk te bly moes die span wat met hierdie enorme taak sit alle opsies oorweeg.

Dus is ons besig om ‘n span te kry wat die volle diens vir elke een wat lief was vir Thys en sy loopbaan op welke wyse ondersteun het of paaie met hom gekruis het deel te maak van die volle diens en looporde deur die diens regstreeks te beeldsend. Skakels na die diens sal voortydig op sosialmedia gedeel en versprei word sê hy.

Streicher, het ons meegedeel dat Sonja Smit begrafnisdienste van Pretoria alle reëlings oorgeneem het om Thys se diens saam die span te behartig. Ons dank en waardering aan Sonja en Human is groot. Hulle harte is groot en daar is geen koste aan hulle dienste, verbonde nie. Hoe mens ooit genoeg dankie sê, weet ons nog nie. Ons het gemoedsrus en is vol vertroue dat Thys se laaste reis waardig en met respek as  anker fokus sal verloop onder die leiding van Sonja en haar span mense.

Hulle wyse van ondersteuning aan ons almal vertel die hele storie sê hy. Ons is konstant in kontak met hulle en hulle met ons.

Oor die diens wou hy nog nie veel sê nie maar het wel genoem dat daar sprekers is wat uit verskillende velde van Thys se lewe en loopbaan hulde sal bring. Die diens is ‘n lewensviering eerder as ‘n begrafnis. Ons sal teen Dinsdag middag die lokaal bevestig vir die  diens ons gaan verseker staat maak op ‘n kerk of venue wat hulle dienste gratis wil aanbied om koste so laag as moontlik te hou met die span in belang van die diens en Thys se moeder se welstand se oë wat gerig is op die voorsiening vir Thys se ma na die diens. Dus rek ons alle beskikbare fondse sovêr moontlik sê hy.

Daar moet nog dinge in plek geplaas word vir ‘n borg of borge wat bereid sal wees om vir die 100 persone teenwoordig voorsiening te maak vir ligte verversings,tee en koffie na afloop van die diens op versoek van Thys se ma. Dit sal die enigste geleentheid wees vir haar om direkte kontak te hê met die wat teenwoordig sal wees by die diens sê Ignaz. Ons sal so borgskap natuurlik hoog op prys stel.

Dit is vir ons uiters belangrik om elke ondernemer, instansie, individu en uit alle oorde verskaffers te bedank wat ons genader het om ons hande te neem vir Thys se begrafnis. Dit bly oorweldigend hoeveel mense in minder as 24 uur na vore gekom het wat bereid was om te help. Sy ma en hele span wat die laaste weke saam gewerk het in Thys se beste belang, sal nooit hierdie meelewing kan vergeet nie. Ek wens Thys kon dit self ervaar. Beleef. Sien. Hoor. Dankie Suid-Afrika is al wat ons kan sê.

Daar is net so golf van belangstelling en ondersteuning vanuit die kunste se Ignaz. Ons besef die bedryf kry net so swaar met die nuus, ons dink aan elke een wat saam Thys oor die jare gewerk het en bedank hulle vir hulle ondersteuning in die tyd. Ons bid tans vir mekaar.

Die akteur Lizz Meiring, het intussen alles in haar vermoë begin doen om laste ligter te maak vir Ignaz en die span en help selfs om reëlings in plek te kry vir die borge vir die verigtinge na afloop van diens. “Net een Lizzy” skryf Iganz oor haar hulp en bystand.

Dit was teen Maandag aand nog nie seker of Thys se tienerseun sy diens sal mee maak aldan nie. “Ons is in kontak met sy (die seun) se ma en hulle is bewus van die reëlings wat reeds gemaak is en het ons versoek vir deelname namens Elise ontvang en ons wag op finale terugvoer”.

Enige persoon of instansie wat die fasiliteerders wil kontak oor die diens is welkom om dit telefonies via whatsapp te doen by 0825923633 sê  Ignaz.

Graag bedank Elise, die fasiliteerder en groter span die media vir hulle ondersteuning, meelewing, huldeblyke en ode gebring aan Thys die laaste twee dae wat waarlik weer laat besef het hoe diep Thys se spore is wat hy na al die jare van gee vir die kunste en ondersteuners, agter los. Ons sien self, word op hoogte gehou en waardeer dit opreg met stille kennisname van alles wat tans afspeel om ons.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui