Petrol én diesel om middernag goedkoper

Daar sal om middernag ‘n effense verligting by die petrolpompe wees met petrol én diesel wat goedkoper word.

Beide 93- en 95-oktaan-petrol sal R1,24 per liter goedkoper wees, terwyl die prys van diesel met tussen R1,09 en R1,19 per liter daal. Die grootste daling is vir gas wat in Junie R1,35 goedkoper per kilogram sal word.

Paraffien word R1,07 per liter goedkoper. Dié aanpassings beteken dat 95-oktaan-petrol in Gauteng nou R24,25 per liter kos. Diesel sal motoriste in die binneland R20,97 per liter uit die sak jaag.

Die grootste deel van die daling is danksy goedkoper brandstof internasionaal, maar die sterker rand dra ook by.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui