Merwede Boerdery aansoek om appèl teen Landbank begin

Ons verlof tot appèlsaak teen Landbank se vervreemding van bates wat afgehandel moet word, hangende tersydestelling van die likwidasie bevele, is vandag in Kimberley in die Hooggeregshof aangehoor. In hierdie saak is die argumente oor die regsvraag rakende Landbank se locus standi tot as mees noodsaaklik op die spits gedryf. Landbank het die boerdery vir R75 mil gelikwideer terwyl die bank net op bewyse van R9 mil kan steun.

Ons regspan het onverbeterlik gevaar…Ek is baie positief.

Indien hierdie saak na die appèlhof verwys word, gaan die saak vinnig tot ‘n punt gedryf word waarby baie boere gaan baat.

Adv Nic Maritz het die hof verwys na hoe Landbank wanvoorstelling gedoen het vir die likwidasie aansoek en staatgemaak het op vreemde Landbank / Grocap sessie- ooreenkomste wat al in 2011 gesluit was en wat totaal en al niks met die Merwede Boerdery en Unigro se ooreenkomste wat eers in 2015 gesluit is te make het nie. Unigro se oorspronklike sertifikate van balans – wat vir 30 September 2020 gedateer is, weerlê Landbank se beweringe wat op niks anders as slegs twee individue se verklarings steun.

Landbank kon nog nooit enige primêre feite of bewyse van enige sessies met Unigro voor die hof plaas nie.

Adv Maritz het die hof ook verwys na vele aansoeke van baie boere wat hangend is sowel as uitsprake wat kontrasterend is. Dit alleen regverdig en noodsaak die hof om die appélhof te nader vir ‘n uitklarende beslissing oor hierdie spesifieke Landbank

aangeleentheid wat baie boere raak. 

Die hof is ook ingelig hoe miljoene rande se bates van die Merwede Boerdery onreëlmatig teen groot verliese deur likwidateure vervreem is tenspyte dat geen inventarisse bestaan nie.

Regter Williams het uitspraak voorbehou.

Môre kom die Jonker saak oor dieselfde aangeleentheid in Bloemfontein voor waar Landbank in terme van Artikel 35 hul sessies moet blootlê of alternatiewelik onder eed moet erken dat hul geen sessies het waarmee hul so baie boere se likwidasies bewerkstellig het nie. Sterkte word vir die Jonker-span toegewens.

Sou hierdie saak soos verwagting tot ‘n gunstige tersydestelling lei, sal restitusie van miljoene rande se vervreemde bates moet plaasvind.

One thought on “Merwede Boerdery aansoek om appèl teen Landbank begin

  1. Goeiedag
    Het julle dalk vir my die verwysing inn hierdie saak aangesien ek die doks wil opspoor om te lees.
    Hier aangeleentheid staan nie in isolasie.
    Dankie

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui