(Uitgereik deur John Steenhuisen LP – Leier van die Democratic Alliance 25 Jan 2025) Die artikel in Engels gepubliseer kan hier gevind word https://www.da.org.za/2025/01/da-declares-formal-gnu-dispute-over-expropriation-bill-and-nhi
Die verklaring van voorneme was die basis waarop die Demokratiese Alliansie ingestem het om te stem vir president Cyril Ramaphosa op 14 Junie 2024 om in sy amp aan te bly.
Dit was ook die basis waarop ons by die nasionale regering aangesluit het, om die vernietigende magte van MK en EFF uit te hou, en by te dra tot die bou van Suid-Afrika.
Dit het gekom nadat die mense van Suid-Afrika hul ontsteltenis oor die ANC uitgespreek het oor chroniese diensleweringsmislukkings en korrupsie, deur dié party vir die eerste keer in dertig jaar van sy meerderheidstem te ontneem.
Deur hul stem het die mense te kenne gegee dat hulle wil hê partye moet saamwerk om Suid-Afrika te bou.
Dit is ‘n punt wat die moeite werd is om te beklemtoon.
Die Regering van Nasionale Eenheid is nie ‘n projek van politici nie.
Dit gee uitdrukking aan die wil van die mense, wat duidelik gesê het hulle wil hê partye moet opreg saamwerk, in ‘n gees van wedersydse respek, om Suid-Afrika te bou.
Die DA gaan voort om ons einde van die ooreenkoms te handhaaf.
Portefeuljes onder DA-beheer het die afgelope sewe maande meer gedoen om vordering op te lewer as wat die ANC in dertig jaar gedoen het.
DA-ministers, adjunkministers, huisvoorsitters en portefeuljekomiteevoorsitters staan elke dag uit die bed om Suid-Afrika op te bou nadat dekades van wanbestuur en korrupsie dit afgebreek het.
Dit is waarvoor ons in die regering is, en dit is wat ons lewer.
Juis omdat ons die kreet van die mense vir konstruktiewe samewerking gehoor het, behandel die DA ook ons kollegas van ander partye in die GNU met respek en maak konstruktiewe voorstelle wat daarop gemik is om meningsverskille op te los eerder as om dit aan te blaas.
Gevolglik het die eerste groen lote in die ekonomie en in indiensnemingstatistieke begin verskyn.
Die Rand het versterk en internasionale ontleders het die stigting van die GNU as Suid-Afrika se belangrikste politieke ontwikkeling sedert 1994 beskou.
Die onlangse World Economics Forum in Davos het hierdie positiewe houding van die wêreld teenoor hierdie betekenisvolle politieke ontwikkeling weerspieël.
Elke dag sedert 14 Junie verlede jaar het die Demokratiese Alliansie ‘n daadwerklike poging aangewend om die sukses van die GNU te verseker.
Ons het onderhandel en gekompromitteer waar nodig, want as veterane van koalisiepolitiek verstaan ons dat as jy nie meer as 50 persent van die stemme kry nie, jy nie alles op jou eie manier kan hê nie.
Terselfdertyd het ons dit van die begin af duidelik gemaak dat ons in die GNU is om mag te deel, nie bloot om “die getalle op te maak” vir die ANC om voort te gaan om sy beleid uit te voer nie.
Enige koalisie-ooreenkoms is gegrond op die erkenning dat die groter party bereid moet wees om te onderhandel en kompromieë aan te gaan wanneer dit vereis word – want alle partye in die GNU, insluitend die ANC, verteenwoordig slegs die belange van ‘n minderheid.
Ná ‘n belowende begin waarvolgens president Ramaphosa die implementering van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette vertraag het om onderhandelinge moontlik te maak, het die afgelope weke dit egter al hoe duideliker gemaak dat die ANC belangstelling verloor het om sy kant van die verhouding te eerbiedig.
Ongelukkig het die ANC in die GNU besluit om vennote openlik te minag en die vertroue waarop enige koalisieregering gebou is, te ondermyn.
In sy verklaring by die ANC se herdenking van 8 Januarie, is president Ramaphosa aangehaal wat gesê het dat alhoewel die ANC nie daarin kon slaag om 50 persent plus een in die verkiesing te verseker nie, “is die ANC steeds in beheer.”
Net vandag het president Ramaphosa die ANC-lekgotla geopen en gesê dat die GNU uittree om die *NDR te implementeer.
Nie net is so ‘n stelling onvolwasse nie, maar dit stem nie ooreen met óf die onderneming óf die gees van die verklaring van voorneme nie.
Ongelukkig stem dit wel ooreen met hoe die ANC optree.
Die president het die afgelope dae nie net die ernstige grondwetlike besware wat Dean MacPherson, minister van openbare werke en infrastruktuur oor die Onteieningswetsontwerp geopper het, verontagsaam nie, maar hy het versuim om eers die minister in te lig oor wanneer hy van plan was om die wetsontwerp in werking te laat tree.
Net so het ek ‘n paar weke gelede persoonlik aan die President geskryf oor die omstrede Wet op Nasionale Gesondheidsversekering.
Ek het ‘n aantal konstruktiewe voorstelle vir oorweging voorgelê en gevra vir ‘n vergadering om verder insette te lewer voor die komende Kabinet Lekgotla om ‘n herhaling van die gebeure van die vorige Lekgotla te voorkom toe die DA heftig beswaar gemaak het teen die insluiting van NGV-teikens.
Verbasend genoeg het die President geweier om selfs met die Leier van sy grootste koalisievennoot te vergader om die NGV te bespreek – die enkele mees kritieke kwessie vir die toekoms van die GNU, en vir die toekoms van Suid-Afrika.
In plaas daarvan om respekvol en volwasse die GNU te betrek om oplossings te vind, het die ANC-minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, oorlog teen die GNU voor die wêreld by Davos verklaar.
Motsoaledi het aan wêreldleiers wat by die Wêreld Ekonomiese Forum vergader het gesê hy voer ‘n “oorlog” teen die mense van Suid-Afrika wat nie hul private mediese fondse wil onteien nie, wat nie hoër belasting wil hê om ‘n nuwe plunderingskema te finansier nie, en wat nie wil hê dat ons gesondheidstelsel vernietig word nie.
Dit is nie hoe volwasse kollegas optree nie.
Dit is arrogant en oneerbiedig. Dit is ‘n simptoom van ‘n gebrek aan respek wat aan koalisievennote en die stigtingsooreenkoms verleen word.
En dit is nie hoe gesonde koalisies werk nie.
Of die ANC daarvan hou of nie, die stabiliteit van hierdie regering sowel as die veiligheid van die president se eie posisie, hang geheel en al af van die verhouding tussen die twee grootste vennote binne die GNU.
In ooreenstemming met ons volwasse benadering tot koalisieregering, sal die Demokratiese Alliansie dus dringend ‘n herstelling in hierdie verhouding nastreef.
Om dit te doen, het ek gister aan president Ramaphosa geskryf :
Maak ten sterkste beswaar teen die feit dat hy vandeesweek die Onteieningswet onderteken het in stryd met ‘n duidelike regsmening, ingedien deur minister Macpherson, dat die wet ongrondwetlik is;
Let op die DA se onverbiddelike teenkanting teen die insluiting van die NGV in die Mediumtermyn Ontwikkelingsplan, met die gepaardgaande begrotingsimplikasies; en
Teken die versuim om effektiewe dispuutbeslegtingsmeganismes op te stel en die misbruik van die ‘Clearing House’-meganisme aan.
Die belangrikste is dat ek die President in kennis gestel het dat ek formeel Artikel 19 van die verklaring van voorneme herroep.
Klousule 19 kodifiseer die prosedure wat gevolg moet word wanneer verskille oor kwessies tussen partye by die GNU ontstaan.
Klousule 19.3 bepaal dat, “Voldoende konsensus bestaan wanneer partye tot die GNU wat 60% van die setels in die Nasionale Vergadering verteenwoordig, saamstem …”
Die enigste partye in die GNU wat saam 60% van die setels in die GNU verteenwoordig, is die ANC en die DA.
In die geval van ‘n gebrek aan voldoende konsensus, gaan die verklaring van voorneme, in klousule 20, voort: “Die partye by die GNU sal ook geskilbeslegting of dooiepuntverbreekmeganismes instel, in gevalle waar voldoende konsensus nie bereik word nie.”
Die President moet aanvaar dat sy party nog ‘n minderheidsparty is, en dat die DA vennote in die GNU is.
Ons het meer as 3,5 miljoen stemme gewen en ons is in die regering om ons kiesers te verteenwoordig en Suid-Afrika te red.
As ons nie hierdie mandaat binne die GNU kan nakom nie, sal ons ons volgende stappe ernstig moet oorweeg.
Die DA sal onder geen omstandighede tot blote toeskouers gereduseer word nie.
Ek wil hê die mense van Suid-Afrika moet weet dat die DA hierdie stap nie ligtelik neem nie.
Die erns van hierdie situasie vereis dat ons ook ander partye by die GNU betrek, soos die IVP wat ook in die openbaar teen die Onteieningswet na vore gekom het.
Ons beroep ons op klousule 19 in die strewe na ‘n dringende herstelling van betrekkinge, want Suid-Afrika verdien ‘n funksionerende koalisie, waar vennote mekaar met respek behandel in die strewe na oplossings vir ons land se talle dringende probleme. Die oplossings moet werk om die mislukte beleid van die afgelope dertig jaar ongedaan te maak.
Onder die GNU is dit tyd vir nuwe beleide.
*Nasionale Demokraties Rewolusie
