As die gebeure die afgelope tyd nie die volk met ‘n skok laat wakkerskrik nie, is dit te laat. God se genade gaan ophou soos in Sy Woord en dan gaan verootmoediging en te laat wees.
Terwyl die wereld nog vasgevang is in die eufurie van Trump se inhuldiging en omstrede wette wat hy uitvaardig, het belangrike en omstrede dinge in SA gebeur. Ek noem hulle.
Bella wet is in werking gestel sonder dat enige insette enigsins gekonsidereer is.
Onteiening sonder vergoeding wet deurgevoer kort nadat Ramaphosa die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos toegspreek het waar hy met onder andere Klaus Schwab vergader het.
Die NHB lê op Ramaphosa se tafel.
Ramaphosa kondig reeds verlede week aan dat elke werkende persoon R37 000 meer belasting per jaar gaan betaal om NHB in werking te stel.
Wat hou dit vir ons in….kyk mooi en BESEF die impak
Met die onteieningswet, gaan nie net boere hul grond verloor nie.
Jy mag dalk n stuk van jou erf verloor.
Kleinhoewes gaan opgebreek word.
Maar dink hoe Ramaphosa daai R37 000 uit jou gaan druk.
Hy gaan privaat hospitale nasionaliseer.
Hy gaan op mediese fondse beslag lê en dit stop.
Hy gaan beslag lê op mediese fondse se reserwes.
Daar lê nuwe wetgewing vir die skoonheidsbedryf op sy tafel.
Verkope van Skoonheidsprodukte gaan nou gereguleer word.
Daar is baie nuwe wette wat werkgewers sleg gaan beinvloed.
So sal besighede bo en behalwe maaskappy belasting, ook 3% van hul wins aan die staat moet betaal, om swart bemagtiging te bevorder.
Lankal betaal werkgewers 1% wat veronderstel was om opleiding aan voorheen benadeeldes te verskaf.
Dis waaruit die Sitas bevonds was.
Al hierdie bogenoemde nuwe wette, word deur die RNE ondersteun, let mooi op wat ek sê.
Daar is geen meer oposisie in die parlement nie.
Die partye wat setels het in die parlement, is in koalisie met die ANC.
Dus, vriende, hou die partye wat voor gestem is, die ANC aan bewind, want hul is opgeneem in die regering van die dag.
Hul kan dus nie meer kapsie maak teen die wette nie, omdat hul deel van die regering is.
Steenhuis se taak is nou eerstens om te kyk watter plase lê in onbruik, want dit is die eerste eiendom wat gevat gaan word.
Verstaan dat ons beslis ons donkerste tydperk nou ingaan.
‘n Plakker kan nou gaan rondstap, en kies waar hy sy hut wil bou.
‘n Leë erf in jou woonbuurt, kan nou maklik oornag n klein nedersetting word.
Gaan luister gerus na Willem Petzer se uitsending vanoggend.
Hy gee n baie goeie uiteensetting van die situasie.
Al wat ek kan sê, is sterkte.
Ons staan op die punt om alles te verloor.
Siener van Rensburg het die tyd voorsien. Die doringbos regering is nou aan bewind. Hy het gesê, dit word so donker, dat hy nie sy perd se maanhare kon sien nie.
Net n Goddelike ingryping kan ons nou red.
Vir almal wat gehoop het Trump gaan ons help, wil ek net sê, Trump sal hier ingryp, maar met sanksies en ontrekking van handelsooreenkomste.
Ons ekonomie is reeds wankelrig, al bogenoemde wette gaan SA oor die afgrond stuur.
Sou VSA en die weste boonop sanksies teen SA instel, gaan SA in duie stort.
En sanksies gaan ons kry, weer.
Selfs die Brics lande gaan nie besigheid hier wil doen nie. Hul weet reeds dat geld wat hul hier belê het, stewig in die kaders se hande is.
Vir ons bly net een ding oor.
Die verskille tussen ons, moet nou bygelê word, en ons moet nou begin saamwerk.
Ons is nou almal in die selfde hoek gejaag.
Eendrag maak mag. Dit moet ons aanhef wees.
Thys Marais meningstuk aangepas
Maroela Media beweer dat gister se Onteieningswet “Is nie Onteiening sonder Vergoeding nie.” Hier is ons reaksie daarop, waar ons vir u wys presies wat in die wet staan!