Volkskrag: Ons is besig met ʼn Volksverootmoedigingsaksie

Geskryf deur Dr. Jann Schlebusch

Geliefde Volksgenoot

Dit verskil van persoonlike verootmoediging omdat dit hier meer oor die etiek gaan, en in die besonder oor die sondes wat in ons volkskultuur aanvaarbaar geraak het. Soos Rom 1 nie net die sondaars aanspreek nie, maar ook dié wat die sonde goedkeur.

Verder doen ons dit in eensgesindheid op ʼn belydenisgrondslag wat ek later sal plaas, maar in kort op die volgende neerkom:

* God se almag beteken dat Hy ons in hierdie magtelose en hopelose toestand geplaas het om ons te louter tot bekering (Dt 28; 2 KRONIEKE 6:26-31; Jes 1);

* en dat Hy ons uit hierdie multikulture, imperiale gruwel kan red en weer vryheid kan gee op die presiese oomblik wat Hy daarvoor bepaal het (Dan 4:35);

* Sy Ou-Testamentiese Verbondsbeloftes geld steeds vir Godvresende volke (Mt 21:33-43; Hd 15:17).

* Elke volk is geroepe om Hom in volksverband te soek – dus ook ons volk (Hd 17:26,27.- 53-vertaling);

* Elke volk is geroepe om aan Christus se heerskappy te onderwerp (Mt28:19).

Op grond hiervan (en op grond van die Bybelse voorbeelde van Konings Jehiskia en Josia se volksverootmoedigings-aksies en die Here se beloftes, soos in 2Kron 7:14, is ons oortuig dat ons ons volk moet oproep tot volksverootmoediging.

Wil jy deelneem?

WhatsApp my op 072 959 3214

Of e-pos my op skakel.veva@gmail.com

Ons gaan probeer om elke dag een saak aan te spreek in ons oproep tot Volksverootmoediging.

Hou hierdie forum dop.

One thought on “Volkskrag: Ons is besig met ʼn Volksverootmoedigingsaksie

  1. Goeiedag Volkskrag,
    Baie dankie dr. Jann.
    Hiermee, my en my huis se ondersteuning aan die Volks Verootmoedigings Aksie.
    Sterkte en Boeregroete,
    DuP

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui