Na afloop van gebeure in Parys is daar wyd uiteenlopende sieninge rondom die gebeure.
Weereens is daardie wat sê dat ons nie mag “oordeel” nie omdat ons self agter die deurstaan en nie ’n vinger mag wys nie.
Vir diegene het ek baie slegte nuus. Julle verstaan die Bybel totaal en al verkeerd. Julle is so gemanipuleer deur die “nuwe wêreld orde” dat julle vas glo dat ons alles goeds moets moet aanvaar omdat ons self sondig is.
Dit is die skietgoed wat die duiwel gebruik om ons lam te lê!
Ek weet ek is ’n sondige mens en het sonde in my! Maar weet jy wat. Ek erken my sonde en praat dit nie goed nie. Ek stry teen die sonde in my! Ek beveg dit elke dag!
Sal ek volmaak en sonder sonde wees as Christen? Is ek vlekkeloos omdat ek ’n navolger van Jesus is? Nee ek is nie. Al wie vlekkeloos op aarde was, is Jesus homself.
Die verskil kom daarby in dat diegene wat volhard in hulle sonde en dit wil goedpraat is diegene wat vermaan moet word. Ons mede Volksgenote moet ook daarteen gewaarsku word.
Die woordjie oordeel word ruimskoots gebruik om die sonde te regverdig. Ek wil julle gou reghelp met ’n teksvers uit die Bybel! ’n OPDRAG van God:
Heb 13:22 En ek vermaan julle, broeders, verdra die woord van vermaning, want ek het ook maar kort aan julle geskrywe.
Spr 15:29 Die HERE is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy.
Spr 15:30 Stralende oë verbly die hart; ‘n goeie tyding maak die gebeente vet.
Spr 15:31 Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef.
Spr 15:32 Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.
Spr 15:33 Die vrees van die HERE is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf.
Dit is tog duidelik dat dit ons PLIG is om te vermaan en te tug vir dit wat verkeerd is!
Dit is so maklik om jou eie foute weg te steek deur die woord “oordeel” rond te gooi. Moet ek nou stilbly en nie die verkeerde aanspreek oor ek ook sondig is? Geensins en geheel en al nie. Ek pleeg net so ’n groot sonde om stil te bly vir dinge wat teen God se wil gaan. Dinge soos wat in ons kele afgedwing word om elke hoek en draai! Dinge wat in die Bybel veroordeel word.
Dis juis as gevolg van stilbly en aanvaar oor ons “te sondig” is dat ons is waar ons is. Dis juis as gevolg van stilbly dat die wêreld oor die afgrond gaan.
Om te tug is nie ’n oordeel nie. Dit is ’n waarskuwing van die oordeel wat God oor jou gaan vel as jy aanhou om die pad te stap wat jy stap!

One thought on “Nuuskommentaar – Parys gebeure – ’n Ernstige vermaning”