Die Johannesburg Metro Polisieafdeling (JMPD) het hul diepe bekommernis uitgespreek op 16 Junie 2024 na ‘n geweldadige aanval op een van hul offisiere tydens ‘n operasie wat uitgevoer is in Bloubosrand in Randburg.
Die JMPD se taktiese reaksie eenheid het gereageer op inligting dat ‘n Nigeriese man in dié area bedrywig is met dwelmverkope. Die Nigeriër het sy versterkings ingeroep op grond van roof toe hy die offisier sien. Die offisier is toe geweldadig aangerand.
Versterkings is dadelik aangevra en die SAPD en die Johannesburgse verkeersafdeling is na die toneel ontplooi.
Twee verdagtes is geskiet en gewond toe daar ‘n skietgeveg uitgebreek het. In die skietvoorval is een verdagte krities gewond en is na die Olivedale Hospitaal geneem. ‘n Ander verdagte is in die hand gewond en is op die toneel behandel en gearresteer.
Johannesburg Metro Polisie se woordvoerder, Xolani Fihla sê, “’n Derde verdagte wat die krities beseerde verdagte vervoer het, is deur die SAPD erken en is gevolglik gearrester. Die offisier se vuurwapen is deur Douglasdale se SAPD opgespoor. ‘n Polisievoertuig is gedurende die voorval beskadig.”
Die ernstig beseerde offisier is per lugambulans na Milpark Hospitaal afgevoer.
‘n Saak van poging tot moord en publieke geweld is aanhangig gemaak teen die verdagtes. Die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat ondersoek ook die saak.
Hierdie voorval beklemtoon net weer die geweld waaraan diegene wat wet en orde moet handhaaf, onderwerp word.
“Ons sal nie toelaat dat voorvalle soos dié ons daarvan weerhou om ons taak uit te voer nie.”
