Talle mense is beseer en daar is moontlik ’n slagoffer wat aan sy beserings beswyk het tydens ’n ongeluk tussen ’n trok en ’n minibus op die N4, net na die Middelburgdam.
Die ongeluk het omstreeks 10:45 tussen die Middelburgdam en die Woestalleen afrit gebeur.
• Die presiese omstandighede is nog nie bekend nie en het die polisie, ambulanse, brandweer en insleepdienste almal pas op die ongelukstoneel aangekom.
• Die Traffic Alert WhatsApp groep het motoriste gewaarsku om versigtig te wees in die omgewing. Na wat verneem word, sal die pad waarskynlik gesluit word.

Andre Smit en Volkskrag Nuus, nie agter “truck” aan “trok” nie, maar VRAGMOTOR asb.