Gesin vasgebind en besteel

‘n GESIN van ‘n spogbuurt in Wellington is erg getraumatiseer na hulle vir ure in hul huis deur rowers aangehou is.

Volgens kapt. FC van Wyk, het die voorval in die vroeë oggendure van Vrydagoggend by’n huis in Argylstraat in Berg en Dal plaasgevind.

Die Wellington-polisie het ’n saak van huisroof geregistreer. Volgens inligting het die gesin geslaap toe die geluid van die buite-hekkie wat in die wind klap, die eienaar wakker gemaak het, het Van Wyk vertel.

Die man het glo opgestaan en drie onbekende mans op die trappe gevind, waarvan een ‘n lang skroewedraaier gehad het.

Hulle het vir hom gesê; as hulle saamwerk, sal niemand seerkry nie. Hy was met linne vasgebind, asook sy vrou in die hoofslaapkamer wat op die onderste verdieping van die huis was.

Die gesin se twee kinders is saam met hul ouers in aparte slaapkamers aangehou.

Die verdagtes het was opsoek na die kluis, geld en juweliersware. Byna al hul klere, beddegoed, televisie, ringe, ‘n laptop en selfoon is gesteel.

Die verdagtes het die slagoffers se grys Ford Ranger vanaf die toneel gevlug. Die bakkie is later verlate op R312 by Durbanville gevind Van Wyk sê geen arrestasie is nog gemaak nie, en dat die ondersoek voortduur.

Enigeen met inligting oor die voorval word versoek om Crime Stop by 08600 10111 te kontak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui