Ramaphosa sê hy gaan definitief binnekort NGV-wetsontwerp teken

PRETORIA. – Cyril Ramaphosa het gister gesê hy sal binnekort die Nasionale Gesondheidsversekeringsfonds ’n werklikheid maak.

Hy het tydens sy toespraak by die Kaapstad-persklun gesê daar is geen twyfel dat hy die wetsontwerp gaan teken nie. Ramaphosa het gesê daar is ’n nood vir universele gesondheidsversekering in die land.

Verskeie politieke partye en rolspelers in die gesondheidsversekeringsindustrie is gekant teen die wetsontwerp. Hulle het gedreig om hof toe te gaan as dit geteken word. Daar is kommer oor die werksverliese en langtermynprobleme wat deur die wet veroorsaak kan word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui