‘n 83 jarige bejaarde dame van Boekenhoutskloofdrif, Noord van Pretoria, het ‘n plaasaanvaller met een gil die hasepad laat kies. Die slagoffer het JESUS se naam hardop aangeroep en dadelik het die aanvaller in sy spore omgedraai en weg gehardloop!
Daarna het hy byna teen die slagoffer se 54-jarige dogter vasgehardloop en haar geskiet, Die dogter het met bomenslike krag agter die aanvaller aan gehardloop. Sy het hom biddende uit die huis verjaag!
Dit is ‘n Godsbesturing dat sy net ‘n vleiswond opgedoen het volgens André van Heerden van die Cullinan -gemeenskapspolisiëringsforum (GPF)
Die slagoffer het Maandag oggend net voor 1 ‘n noodroep van haar plaas Boekenhoutskloofdrif na hom gestuur. Die Polisie, Nooddienste en nog GPF lede is na die toneel ontbied
Die ma was reeds besig om die dogter se wond te verbind en ‘n handdoek om die wond gedraai gehad toe die nooddienste daar opgedaag het.

Dis reg!!!