Daar is toenemende spanning in die gemeenskap namate inwoners kommer uitspreek oor veiligheids- en sekuriteitskwessies wat met die informele nedersetting verband hou.
Sestien keelvol gemeenskapslede van Kibler Park en Mayfield Park het op 29 Oktober vanaf Kibler Park SPAR na ‘n tydelike informele nedersetting agter die Pikitup stortingsterrein gestap.
Hulle het sonder polisie of enige beskerming soontoe gegaan en hulle was ongewapen. Hul boodskap was egter duidelik: om die plakkershutte af te breek, wat hulle glo toevlugsoorde is vir diewe wat hulle geterroriseer het.
Die vrou het gesê hulle was onbewus van die kriminele aktiwiteite waarvan die gemeenskap praat. “Ek weet nie of iemand of enige diewe hierheen kom nie. Ek het niks en nêrens anders om heen te gaan nie,” het sy gesê.
Alhoewel nie een van die shacks gesloop is nie, is hulle duidelik gewaarsku dat hulle die plek dadelik moet ontruim.
Later die dag het wyk 125 clr Matsobane Sekhu, CPF Sektor 3, Fox Tactical Unit en Night Hawks Tactical die gemeenskap kom ondersteun.
Met hul aankoms het hulle agt van hierdie strukture gevind. Een het twee kleurlingvrouens en twee kleuters gehuisves, die ander drie mans en ‘n vrou, en sommige was leeg.
Een van die mans wat daar gewoon het, Tshepiso Moloi wat van Natal kom, het gesê God het hom gestuur om daar te gaan woon. Hy noem die plek Israel.
Daar is toe ontdek dat daar zama zamas naby was. Vyf zama zamas het van die toneel na die Mall of the South gevlug en ‘n waterpompopwekker, twee grawe en twee pikstele agtergelaat.
Sekhu het gesê, “Ons is by Parklane, die landbougebied met ‘n informele nedersetting. Ons het hulle ondersteun, selfs vir hulle skuiling deur sosiale ontwikkeling aangebied. Hulle het egter geweier.
“My bekommernis is dat hier kinders is en in hierdie nedersetting kan jy nie kinders grootmaak nie. Daarom probeer ons die provinsiale kant kry om hofbevele te kry of watter prosedure hulle ook al volg sodat hulle hierdie kinders in hul bewaring kan neem.
“In die proses van dit alles het ons ook zama zamas in die omgewing. Met die sekuriteitsmaatskappye teenwoordig is ons die area in om te verken. Die onwettige mynwerkers het weggehardloop. Ons kon egter van hul toerusting konfiskeer en ons het ook een van die werkstasies daar vernietig. Dit is een van daardie ontwrigtings, want ons weet hulle sal terugkom, maar hoe meer ons hul werking ontwrig, hoe beter, want ons wil nie hê hulle moet gemaklik raak in die area nie.”
Die gemeenskap het dieselfde sentiment dat die informele nedersetting ’n toevlugsoord vir kabeldiewe, onwettige buitelanders en onwettige mynwerkers sal wees. Hulle het gesê voorvalle van huisrooftogte en kabeldiefstal is hoog in die gebied.


