‘n Luukse Suid-Afrikaanse trein wat buitelandse toeriste vir Paasfees na Zimbabwe vervoer het, het Vrydag met ‘n lokomotief gebots, waens het ontspoor en verskeie mense aan boord is beseer, het die bedryfsmaatskappy en ‘n plaaslike spoorwerknemer gesê.
Die voorval het in Zimbabwe se suidelike dorp, Gwanda, plaasgevind. Die Rovos Rail pasassierstrein en ‘n goederetrein wat deur die Beitbridge Bulawayo Railway-diens bedryf word, het gebots.
Vier bemanningslede van die Rovos Rail-trein, wat van Pretoria na die Victoria waterval toeristebestemming onderweg was, is in die botsing met ‘n goederetrein in Zimbabwe beseer, het Liezl Maclean, woordvoerder van die luukse diens, aan AFP gesê.
“Daar was geen beserings in terme van die gaste waarvan ons bewus is nie,” het sy aan AFP gesê, en bygevoeg sommige is onder waarneming.
‘n Personeellid by die plaaslike spoordiens, wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het omdat hy ongemagtig was om met die media te praat, stel egter die totale aantal beseerdes op 18 vas.
Hy het gesê 14 van hulle is in die Gwanda Provinsiale Hospitaal opgeneem, en vier in Mater Dei in Bulawayo. Hy het nie gespesifiseer hoeveel passasiers of bemanning was nie, en ook nie of die telling enige beseerdes op die goederetrein insluit nie.
Video materiaal wat op sosiale media gedeel is, wys hoe reddingswerkers ‘n man op ‘n draagbaar deur ‘n gaping in die verminkte dak van die wrak dra.
Minstens 47 toeriste was op die Rovos Rail-trein ten tyde van die ongeluk, volgens Maclean.
Dit was nie onmiddellik duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie.
Rovos, wat in 1989 gestig is, sê dit bied “pasgemaakte treinsafari’s deur die hart van Afrika,” met reise van Suid-Afrika se Kaapstad na Tanzanië se kusstad Dar Es Salaam.
Die Victoria-waterval-pakket bevat ‘n drie-of-vier nagte van 1 400 kilometer (900 myl) wat van Pretoria in Suid-Afrika na Zimbabwe se tweede stad Bulawayo gaan.



