’n 12-jarige meisie het Saterdag by Monwabisi-strand in die Wes-Kaap verdrink.
“Die meisie is hospitaal toe vervoer, glo per private vervoer, maar sy is ongelukkig dood verklaar met aankoms by die hospitaal.”
Nicky Whitehead, NSRI Strandfontein-stasiebevelvoerder, het Saterdag om 18:45 gesê die NSRI Strandfontein-diensbemanning en Stad Kaapstad se waterreddingsnetwerk is geaktiveer ná berigte van ‘n verdrinking by Monwabisi-strand in Valsbaai.
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het by aankoms op die toneel gesê daar is ontdek dat die meisie na bewering sonder reaksie op die strand gebring is en dat ‘n man, vermoedelik 34 jaar oud, in die brandersone vermis word.
Dit blyk die man het probeer om die meisie te red nadat sy glo in sleurstrome vasgevang is, maar in moeilikheid beland het voordat sy in die water verdwyn het. Die man en die meisie was nie verwant nie, het die NSRI gesê.
“Ten spyte van ‘n uitgebreide soektog na die see en kus is daar geen tekens van die vermiste man nie.
“Polisie se waterpolisiërings- en duikdienste, bygestaan deur ’n EMS Metro Rescue-hommeltuig-soek-en-reddingseenheid, gaan voort met ’n deurlopende soektog.”
‘n Geregtelike doosondersoekdossier is geopen.
