Gift of the Givers se Imtiaz Sooliman doen ‘n beroep op die ANC om die Palestynse ondersteuning te konsidereer wanneer koalisies gesluit word

Die hofsaak teen die staat van Israel kan nie nou platval nie.  Daarom moet die ANC dit in gedagte hou wanneer hulle koalisie besluite neem, sê Dr Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers.  Hy beplan om die president te versoek om Naledi Pandor as Dirco minister te behou. 

Dr Sooliman sê die ANC moet met groot omsigtigheid te werk gaan met die vennootskappe en koalisies waarop hulle besluit vir die regering van die land.  Op 12 Junie 2024 het dr Sooliman gesê hy wil nie hê dat Naledi Pandor verwyder moet word nie.

Tydens ‘n media onderhoud het hy gesê dat hy die president persoonlik gaan versoek om Pandor weer aan te stel.  Die onderhoud het gehandel oor die Israel-Hamas oorlog en is gehou by die Desmond and Leah Tutu huis in Kaapstad.

Dit is nooit direk aangespreek nie, maar daar is vrese binne die ANC dat koalisies Suid-Afrika se saak teen Israel by die Internasionale Hof van Justisie kan benadeel.

Ferial Haffajee, ‘n geassosieerde redakteur van Daily Maverick verduidelik dat ‘n senior lid van die ANC gesê het dat die party eers die politieke arena, wat nie onderhandelbaar is nie, moet stabiliseer en dit is nie ‘n maklike taak nie.  Dit sluit die buitelandse beleid in.  Die ANC is pro-Palestina terwyl die DA blykbaar nie hierdie gevoel deel nie.

Pandor het die terugkeer as ‘n lid van die parlement gemis toe sy as nommer 86 op die lys uitgeval het.  Die ANC kon net 73 setels in die nasionale vergadering verseker volgens die Daily Maverick se parlementêre korrespondent Marianne Merten.  Twee ministers wat nie ingesluit is in die setels nie, mag nog ingelaat word tot die nasionale vergadering. Sooliman het aangedui dat hy die president persoonlik gaan vra om Pandor in te sluit in sy ministerie.

Sooliman sê Suid-Afrika se saak wat hulle aanhangig gemaak het by die Internasionale Hof van Justisie het die land status gegee.  Dit is soortgelyk aan die simbool van eenheid wat voormalige president Nelson Mandela uitgedra het destyds toe hy ‘n groen Springbok trui gedra het tydens die 1995 Rugby Wêreldbekertoernooi.  Suid-Afrika wat nie die lig binne hul eie land kon wees nie, het met hierdie saak wat aanhangig gemaak is, ‘n merk gemaak in die wêreld met betrekking tot menseregte, die mensdom en geregtigheid.

Sooliman sê ook verder die volksmoordsaak voor die ICJ soos die hof genoem word, was krities belangrik en daar moet nuwe veranderings in die beheer en bestuur van ons internasionale verhoudingsportefeulje plaasvind.  Die proses mag nie gestop word nie.

Hy doen daarom ‘n direkte beroep op die ANC om uiters versigtig en omsigtig hul vennote en alliansies te kies.  Daar was nog nooit ‘n regering of enige instelling wat meer dapper is as wat Suid-Afrika is vandat die saak aanhangig gemaak is nie.

Sooliman rig ‘n pleidooi aan alle liberale bewegings binne die parlement om op te hou met gevegte, op te hou om hul eie egos na te streef en om saam te staan in die belang van die mense van Suid-Afrika, die kontinent en die wêreld.

Sooliman sê Suid-Afika se optrede is nie net aan die mense van Palestinië verskuldig nie, maar aan alle mense in die gees van Ubuntu.  Wat tydens die Holocaust gebeur het, mag nooit weer gebeur nie.  Wat in Rwanda gebeur het, mag nooit weer gebeur nie.  Wat in ander dele van die wêreld gebeur het, mag nooit weer gebeur nie en wat in Gaza gebeur het, mag nooit weer gebeur nie.  Ons bly sê nooit weer nie, maar die gebeur steeds.

(Daily Maverick)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui