Gewapende huisroof in Hilltop, Nelspruit: vrou gewond

Afgewaterde terugvoering in die media oor aanvalle op die blanke bevolking lei daartoe dat gebeure die leser nooit bereik nie…….word wakker my volk!

Die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof nadat ‘n vrou op 13 Januarie 2025 tydens ‘n gewapende roof by haar huis op Hilltop, Nelspruit, in die been geskiet en gewond is.

Volgens ‘n polisiewoordvoerder, luit. kol. Jabu Ndubane, was haar man buite toe twee onbekende verdagtes hom genader en hom met ‘n vuurwapen gedreig het.

Die inwoner het ‘n geluid by die voordeur gehoor en gedink dit is sy seun wat huis toe kom. Toe hy die deur oopmaak, is vuurwapens deur twee verdagtes op hom gerig en hy is gedwing om vir hulle die kluis te wys.

Sy vrou het in die slaapkamer geslaap en het wakker geword. Een verdagte het haar in die been geskiet, hulle het haar handsak en selfoon gegryp en te voet gevlug. ’n Derde verdagte het by die hek gewag.

Polisie en sekuriteit het vinnig gereageer. Daar is vasgestel dat toegang tot die perseel verkry is deur die draad te knip.

Sy is na die hospitaal geneem vir behandeling.

Geen arrestasies is gemaak nie.

Enigiemand met inligting is gevra om speurder luit. kol. Henry Vilakazi by 082-448-1733 te kontak.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui