Vliegtuigongeluk naby Middelburg eindig in lewensverlies

‘n Paartjie van Mpumalanga het tragies hul lewens verloor in ‘n ligte vliegtuigongeluk naby die Botshabelo-vliegveld in Middelburg.

Quinton Steyn(39), en Lizette Steyn (38), is op Sondagmiddag 18 Mei 2025 oorlede.

Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Jabu Ndubane, het gesê die paartjie was na bewering op pad van Nelspruit na hul huis in Middelburg.

“Die polisie is na die toneel ontbied, saam met ander relevante belanghebbendes. Met aankoms was die vliegtuig steeds aan die brand, en die twee slagoffers was tragies onherkenbaar verbrand,” het Ndubane gesê.

Lugvaartkundiges van Crashed Aviation Agencies is ontbied om die oorsaak en omstandighede wat tot hierdie tragiese gebeurtenis gelei het, te bepaal.

Intussen het die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, sy innige meegevoel aan die familie en geliefdes van die oorledene oorgedra.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui