Nog ‘n “spiking” voorval: N4, Pretoria.

2024/05/06 @ 21:16

Promed Ambulans het oor die spykers op die N4 Rustenburg – Pretoria snelweg gery.

Die misdadigers het weer toegeslaan. Een van Promed se noodvoertuie het ernstige skade opgedoen terwyl hulle gereageer het op ‘n lewensgevaarlike voorval op die N4 naby die Rosslyn-afrit. Gelukkig het die paramedici ongedeerd daarvan afgekom.

Dankie aan alle dienste en owerhede vir die hulp aan ons span in nood.

Ons doen ‘n beroep op die publiek om hierdie roetes te vermy, veral in die nag.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui