Meer omtrent ons

VOLKSKRAG Bekendstelling

  1. VOLKSKRAG bely dat ons God almagtig is en dat Hy alles bepaal en laat gebeur op die presiese tyd wat Hy daarvoor bestem het. Die multikulturele imperiale bestel waarin ons volk ons bevind is ‘n tugtiging onder sy hand en Hy sal ons volk ook hieruit red op die presiese oomblik wat Hy daarvoor bepaal het – as ons volkskern voor Hom verootmoedig.
    1.1 Ons onderwerp ons ook volkome aan die heerskappy van ons Koning Jesus; en
    1.2 Ons stry en ywer vir volksvryheid in volkome afhanklikheid van Hom.
    1.3 Dokumente:
    1.3.1 Belydenisgrondslag
    1.3.2 Visie
    1.3.3 Doel en Missie
  2. Die Volksadviesraad en Dagbestuur se status is fasiliterend en koördinerend.
    2.1 Leiers van groepe en aksies wat die Belydenisgrondslag onderskryf, kan dien op die Volksadviesraad.
  3. Werksgroepe/Studiegroepe: Godsdiens; Selfbeskikking in Boere-Afrikaner Volksland; Staatkunde; Vroue-Aksie; Onderwys; Regskunde; Ekonomie; Finansies; Landbou en Meganisasie; Arbeid; Buitelandse Sake; Jeug; Kommunikasie; Plaaslike Regering; Gesondheid; Taal, Kultuur en Kuns; Sport; Veiligheid.
    3.1 Kenners op enige van die gebiede kan die Sekretaris nader om te dien op ‘n groep met rede hoekom u glo u kan daar ‘n bydrae lewer.
    3.2 Voorsitters van werksgroepe word deel van die Volksadvieskomitee.
    3.3 Werksgroepe sit die werk voort van die Volksfront se Volksrepubliek-werkkomitee
  4. Werksopdrag: In volkome afhanklikheid van die almagtige God:-
    4.1 Volkskrag kontak leiers en kundiges en stel die plan bekend;
    4.2 Fasiliteer gesprek tussen leiers van bestaande organisasies en aksies; sowel as met kundiges en volksgenote wat ywer op die volksakker: met die doel van samewerking of minstens wedersydse respek en begrip.
    4.2.1 Dié wat die Belydenisgrondslag en die plan ondersteun en belangstel om die plan te help dryf, neem deel aan die werksgroepe van hulle keuse.
    4.2.2 Identifiseer bestaande aksies, organisasies en groepe wat reeds aktief is op die terreine van die werksgroepe en kontak hulle om deel te neem aan die navorsing en beplanning van die werksgroepe.
    4.2.3 Vra kundiges om te dien op die werksgroepe.
    4.2.4 Vra organisasies om persone aan te wys om te dien op die werksgroepe
    4.2.5 Werksgroepe moet kennis neem van die werk wat reeds gedoen is en dit opdateer en uitbou
    4.2.6 Werksgroepe moet ook beplan vir veranderde omstandighede, soos
    4.2.6.1 Moontlike anargie
    4.2.6.2 Moontlike besetting deur een of meer imperiale moonthede
    4.2.6.3 Vryheid en selfbeskikking
    4.3 Fasiliteer die aanwysing van ‘n Volksraad wat ons volk kan lei; namens ons volk kan praat en kan regeer wanneer ons Vader weer aan ons vryheid skenk.
    5 Struktureel en finansiering
    5.1 Volksadviesraad moet toesien dat Werksgroepe aktief is en op koers bly en die aanbevelings koördineer
    5.2 Rig ‘n NGO op – hoofsaaklik om donasies te kan ontvang.
    5.3 Rig ‘n koöperasie op wat ook aanlyn produkte verkoop en waarvan ‘n persentasie VOLKSKRAG toeval. Lede van ons volk kan aandele koop en so verseker dat daar ‘n kraktige instelling gebou word.
    5.4 Rig ‘n volksbank op.
    5.5 Sorg vir die fisiese en geestelike welsyn van ons Boere -Afrikaner Volk deur aksies van werksgroepe.
    6 Ons ywer en bid vir EENHEID onder ons Volkshuishouding, onder die heerskappy van Christus, waar almal vir dieselfde doelwitte ywer, nl Selfbeskikking in ons eie Grondgebied; ons Volk; ons kultuur en om ons Godsdiensoortuigings te herstel tot die vlak van ons voorouers voor ongeveer 1980. Ons Volk moet weer ons trots herwin en vir die wêreld wys ons is nog die ou Boere wat op God vertrou en vir niks terugstaan nie.
    7 Ons gaan in Volkskrag se bestuur geen lede van geheime organisasies toelaat nie.