‘Glenvista-video wys die verbrokkeling van dissipline in skole’

Die Nasionale Professionele Onderwysersorganisasie van Suid-Afrika (Naptosa) sê ’n bakleiery tussen ’n onderwyser en ’n leerling aan die Hoërskool Glenvista in Johannesburg wys die omvang van die verbrokkeling van dissipline in skole.

Dit kom nadat ‘n video virale gegaan het wat wys hoe ‘n opvoeder en ‘n leerder gewelddadig baklei en skoolmeubels beskadig.

Die Sentraal-Transvaalse departement van onderwys ondersoek die voorval.

Basil Manuel, uitvoerende direkteur van Naptosa, sê hy hoop die departement sal alle faktore wat tot die onderonsie gelei het, oorweeg.

Manuel sê, “Dit is regtig jammer dat hierdie spesifieke onderwyser kop verloor het, want op die einde van die dag sal hulle die gevolge daarvoor dra en die leerder sal waarskynlik môre terug wees in die klas. En selfs al kom die onderwyser af met sy werk nog ongeskonde, moet hy teruggaan na daardie klas, daardie kinders weer in die gesig staar en die kultuur van respek is afgebreek.”

One thought on “‘Glenvista-video wys die verbrokkeling van dissipline in skole’

  1. Dis soos ‘n ouer wie met sy kind baklei. Hulle is kwaad vir mekaar en weet dan mooi hoe sake staan, dit sal oor waai maar wie reg optree se saak staan sterker om te wen. Indien die skool die wet duidelik by onderwysers, beheerliggame en studente inskerp en dissipline wil hê, maak dit duidelik sigbaar op ‘n kennisgewing bord waarop elkeen dit kan sien en verstaan. Laat die persone wat dit dan oortree, daarop gedissiplineerd word en maandeliks toetse rakende die skool se wete en instansies skryf.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui