Die polisie lê beslag op meer as R4,7 miljoen se dagga en arresteer twee verdagtes naby Oshoek

NELSPRUIT – Die SAPD-lede van Grenspolisiëring het ‘n groot deurbraak gemaak deur twee verdagtes, onderskeidelik 33 en 34 jaar oud, in hegtenis te neem nadat hulle op Maandag, 22 April 2024 in besit gevind is van meer as R4,7 Miljoen se dagga naby Oshoek-poorte.

Luidens ‘n berig was lede van die SAPD besig met roetinepatrollie dienste naby Redhill-afrit toe hulle ‘n wit Toyota Hilux, gemerk met ‘n sekere Courier-maatskappy-logo, gewaar. Toe hulle dié voertuig tot stilstand gebring het, het hulle ‘n deeglike soektog gedoen en dit was in dié tyd toe die skerpsinnige lede groot toegedraaide pakkies, gelaai met 1 133 kg dagga agter op die bakkie, ontdek het. Die geraamde straatwaarde van die dagga is op sowat R4,758,600,00.

Dit was ook gedurende hierdie tydperk toe die twee manlike verdagtes aangekeer en aangekla is vir die handel in dagga.

Die verdagtes het gister, 22 April 2024 in die Elukwatini-landdroshof verskyn en die saak is tot 29 April 2024 vir formele borgtogaansoek uitgestel. Hulle is geïdentifiseer as Oupa Simon Mohape (33) en Siyabonga Eric Sine (34).

Die provinsiale kommissaris van die SAPD in Mpumalanga, luitenant-generaal Semakaleng Daphney Manamela, het met groot waardering die uitsonderlike werk wat deur die lede gedoen is, waargeneem. “Ons is inderdaad bemoedig deur die waaksaamheid wat ons lede by die grens aan die dag lê. Hulle werk regtig met ywer in die hantering van Oorgrensmisdaad,” het die Generaal gesê.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui