Bittereinder 4 weer in die hof vir borgaansoek. Landdros ALWEER laat

Na ‘n amper rampspoedige verhoor gister is die Bittereinder 4 weer om 9 uur in die hof om aansoek te doen vir borg. Dit volg nadat hulle gister met baie oponthoude geteister was. Ons hoop die landdros daag betyds op, om die verhoor om 9 uur te begin!

Lid van die gemeenskap stel ‘n kragopwekker beskikbaar.

‘n Lid van die gemeenskap het ‘n kragopwekker en brandstof aangebied maar die hof het die aanbod van die hand gewys!

Vertragings wat opgeduik het.

Eerstens het die landdros besluit om laat op te daag en die verhore kon na berigte eers na 12 uur begin. Nagenoeg ‘n uur later het die nasionale beurtkrag skedule begin en moes die hof verdaag omdat die klank en opname stelsel nie gebruik kan word nie. Na beurtkrag was daar probleme met die stelsel wat hof verrigtinge nog verder vertraag het. Die hof beamptes het ook gereelde breuke gevat wat tot 20 minute geduur het.

Meer omtrent die saak.

Francois van der Merwe, Willem Petzer, Tewie Wessels en Devon Hofmeyr word aangekla van openbare geweld en inmenging in polisie pligte. Hulle het aan ‘n vreedsame protes deelgeneem toe die Polisie eerstens vir Francois and der Merwe nagenoeg ‘n maand gelede in hegtenis geneem het. Willem Petzer, Tewie Wessels en Devon Hofmeyr moes hulself Maandag oggend 12 Februarie 2024 oorgegee het waarna die Groblersdal se Polisie hulle ook in hegtenis geneem het. Die landdros het aangekondig dat hy die 4 se sake saam gooi en net een uitspraak gaan lewer aan die einde van die verhoor.

Beurtkrag in Groblersdal

Vandag se beurtkrag skedule is vanaf 05h00 tot 7h30 en dan weer vanaf 21h00 tot en met 23h30. Hulle kan nie beurtkrag as ‘n verskoning gebruik nie omdat daar nie beurtkrag gedurende hof tye is nie.

BYVOEGSEL: Landdros ALWEER laat.

Ons het sopas verneem van Chris Harmse van die Witkruis Monument dat die landros nog nie teenwoordig was om 9 uur nie. Die dag skop af met vertrgings asgevolg van die Landros wat weereens laat is. Die hofsake is veronderstel om 9 uur te begin.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui