Verootmoediging: wat dra jy saam in jou tas?

Hebreers  12:1-2 

“Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop,  (2)  die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.”

As jy baie reis dan leer jy gou om lig te pak, wel sommig van ons mans! Veral as jy Ryanair vlieg, dan probeer jy alles in daardie een klein tassie kry.

Tog leer min van ons dié les vir ons lewe;  ons dra groot swaar tasse met emosionele en geestelike bagasie saam. Verwyte, haat, woede, skuldgevoelens en soveel meer. Ons probeer soms wegkom van hierdie bagasie deur te trek na ‘n ander land, te skei, te drink of wat ook al; net om agter te kom dat ons hierdie bagasie saam neem as ons trek, saam neem in ‘n nuwe verhouding in.

Daar is maar net een oplossing, en dit is om ons tasse te begin uitpak. Om uit te pak maak ons bang, maar dit is ongelukkig die enigste opsie om lig en vry te leef.  Wat is daar in jou lewe wat jy saam dra en wat gaan jy maak om dit uit jou tas te haal?

Groete en Seën vir jou.
Christo Benade

SA Gemeente Loughton

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui