Nekbesering eis rugbyspeler se lewe

 Die 20-jarige Vaaldriehoekse rugbyspeler, Vilano Saunders, is vanoggend om 04:00 in die Sebokeng hospitaal oorlede nadat hy sy nek ernstig beseer het.

Vilano het geen gevoel van sy nek ondertoe gehad nie. Hy was in traksie ten tyde van sy afsterwe en was geskeduleer om geopereer te word.

Hy het die noodlottige besering Saterdagmiddag in ʼn kragmeting vir NWU Vaal se o21-rugbyspan opgedoen. Hy was ʼn tweedejaarsstudent aan die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlpark-kampus.

Vaalweekblad

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui