Liggaam in brandende motor op N3 naby Kliplaagte-brug ontdek

Nooddienste het op ‘n voertuigbrand gereageer; ‘n liggaam is binne die Nissan gevind nadat die brand geblus is.

‘n Verbyganger het ‘n motor wat aan die brand was naby die Kliplaagte-brug op die N3 omstreeks 08:20 op 1 Mei aangemeld.

Met die nooddienste se aankoms het hulle ‘n Nissan-voertuig in vlamme gevind.

Nadat die Lesedi Brandweer en Redding die vlamme onder beheer gekry het, het hulle ‘n liggaam op die agtersitplek gevind.

Privaatspeurder George Booker het die vonds bevestig en vermoed tans geen vuilspel nie.

Die Heidelberg SAPD ondersoek die voorval.

Heidelberg News

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui