Is hulle die professionele bedelaars? Eskom gereed om weer geld te leen

Eskom het aangedui dat hy gereed is om weer geld te begin leen nadat die regering se verbod op verdere lenings aan die einde van die vorige geldjaar op 31 Maart verstryk het.

As deel van ‘n hulppakket van R254-miljard het die regering dié moratorium op verdere lenings geplaas.

Die kragvoorsiener het egter onderneem om die gesamentlike waarde van sy lenings onder die perk van R300-miljard te hou teen die einde van die boekjaar in 2030.

Dit is R111-miljard minder as die R411-miljard aan die einde van die huidige boekjaar.

Eskom het dié inligting bekend gemaak in ‘n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee van sy kapitaalbestedings- en finansieringsprogram vir die volgende vyf jaar.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui