Die Pretoria Metro het ‘n memorandum uitgegee waarin die klopjag op ‘n bekende kafee in Rayton gelei het tot die vind van onwettige sigarette.
Volgens die memorandum is die winkel besit deur buitelandse burgers. Een van die verdagtes het ‘n polisiebeampte probeer omkoop en is derhalwe ook gearresteer. Vyf persone is gearresteer.
SARS is ontbied na die groot aantal onwettige sigarette wat op die perseel ontdek is. Die SAPD het ook na die huis van die eienaars gegaan en ook daar is onwettige sigarette gevind. Die waarde van die onwettige sigarette word op R780 000 beraam.
Die SAPD is gelukgewens met hul voortgesette pogings om misdaad hok te slaan.




