Aardbewingverslag

Vanoggend het ‘n aardbewing om 10:57 naby Stilfontein, Kuma en Orkney in die Noordwes-provinsie om voorgekom.

Besonderhede:

  • Koördinate: -26.9442S, 26.8427E
  • Diepte: 3,15 KM
  • Grootte: Aanvanklik gerapporteer as M3.9 deur internasionale agentskappe, maar afgegradeer na M3.3 deur SARAO as gevolg van nouer moniteringstoerusting.

Dit was ‘n matig sterk gebeurtenis, en die vlak diepte daarvan het waarskynlik aansienlike skuddings in die gebied veroorsaak.

Sodra meer inligting beskikbaar is, sal dit gerapporteer word.

Oorsaak: Nog onseker, maar mynbou in die streek het dalk ‘n rol gespeel om rotstres te verander. Besonderhede kan verander soos seismoloë hul berekeninge verfyn.

Verslag deur Donavin Liebgott, Seismoloog, SARAO Geodesy

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui