‘n Geregtelike doodsondersoek is deur Heidelberg polisie van stapel gestuur nadat die lewelose liggaam van Shantel Taylor vanoggend (9 Maart) in die parkie oorkant die munisipale woonstelle in Eugene Maraisstraat, Rensburg ontdek is.
Die grusame vonds is om 06:00 deur personeel van Crime Stop Security Services gemaak, wie onmiddellik die polisie verwittig het.
Chantel se emosionele en duidelik ontstelde ma Gerda het aan PROUDLY HEIDELBERG van haar 38-jarige dogter se stormagtige lewe vertel. Sy was die ma van vier kinders en het ook ‘n paar jaar gelede ernstige kopbeserings in ‘n voertuigongeluk opgedoen.
Lede van Heidelberg Speurtak het reeds by die toneel opgedaag en ‘n volskaalse ondersoek is afgeskop. Gemene spel word nie uitgesluit nie.
Foto’s: Die 38-jarige Shantel Taylor se lewelose liggaam is vanoggend in ‘n Rensburg-parkie ontdek. ‘n Geregtelike doodsondersoek het reeds begin en talle lede van Heidelberg polisie en speurtak werk al van vroegoggend op die toneel.
Krediet Proudly Heidelberg
