Eskom het aangekondig dat Fase 6-beurtkrag Sondag sal voortgaan weens veelvuldige ritte by Camden Kragstasie. Dit nadat beurtkrag op uiter kort kennisgewing Saterdag uitgereik is.
Die nasionale kragvoorsiener het gesê Fase 6 sal voortgaan tot verdere kennisgewing.
“Hierdie maatreël het gevolg op die implementering van Fase 3, wat genoodsaak is deur veelvuldige eenheidskortsluitings by Majuba Kragstasie en ‘n eenheidskortsluiting by Medupi wat gelei het tot ‘n verlies van 3 864 MW aan opwekkingskapasiteit, terwyl beplande instandhouding 7 506 MW uitmaak.
“Boonop om noodreserwes aan te vul en voor te berei vir die week wat voorlê, was Fase 6-beurtkrag noodsaaklik.”
Minister van Elektrisiteit en Energie, dr Kgosientsho Ramokgopa, en Eskom sal Sondagoggend Suid-Afrika se elektrisiteitsopwekkingsprestasie opdateer.
Beurtkrag is Saterdagmiddag geïmplementeer ná 20 dae se deurlopende energietoevoer.
Daar word geen melding gemaak van die stand van voorkomende onderhoud by kragstasies nie. Daar word ook nie melding gemaak van enige voorkomende maatreëls wat al ooit geïmplementeer is om die verbruiker te bevoordeel indien daar probleme by die kragvoorsiener ontstaan nie.
Weer eens lei die verbruikers onder Eskom se onvermoë om elektrisiteit te kan voorsien.