Die Minister van Verdediging en Militêre Veterane, 69-jarige Angie Motshekga het gesê dat staatsamptenare vroeë aftrede moet kry om koste te besnoei.
Die woorde kom uit die mond van die 69-jarige Motshekga terwyl sy verslag gedoen het oor haar departement se finansiële stand in die Parlement.
Die minister het bygevoeg dat die definansiering van die departement ‘n negatiewe impak gehad het en dit op baie maniere in ‘n moeilike situasie geplaas het.
“Ons kyk na maatreëls oor hoe ons kan vergoed, want ons kan net nie kla nie en aanhou bestee nie.
“Daar is maatreëls wat die regering ingestel het in terme van vroeë aftrede om seker te maak dat ons ouer personeel, wat hoogs betaal word, kan vrystel en ‘n verjongingsprogram kan instel om ruimte te kan skep. Dit het in die onderwys gewerk,” het sy gesê.
Motshekga het verder gesê dat jonger bloed die departement kan laat herleef.
“Die onderbefondsing het ons nie net geraak in terme van MH nie, maar dit het ons ook op baie gebiede geraak, soos waar ons nie ons toerusting kan versien nie. Dit beteken byvoorbeeld in die lugmag, in plaas daarvan om miskien ses vliegtuie te vlieg, het ons vier wat werk.”
Die minister het bygevoeg die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is in staat om die land te verdedig.
“Ek twyfel nie daaraan dat alhoewel ons dalk nie alles het wat ons nodig het nie, ons genoeg vermoëns het om onsself te verdedig. Die geld wat ek altyd sê ons kortkom, is nie eens om buite te gaan baklei nie, daar is nie eers een missie waaroor ek ‘n verslag gekry het dat ons nie die hulpbronne gehad het wat ons nodig gehad het nie. Waar ons dit nodig het, is hier by die huis.”
Nota: sluit sy nou haarself ook hier in, want is 65 nie die aftree ouderdom nie?