DIe president van Amerika, Donald Trump, het weer eens ‘n waarskuwing aan die BRICS lande gerig oor dié lande se beplanning om die dollar op sy knieë te bring.
Hy het gesê enige lande wat besluit om die dollar te vervang, sal met tariewe van 100% op hulle uitvoere na Amerika belas word.
Trump het gister tariewe van 10% tot 25% op die invoer van staal en aluminium geplaas.
Bevele is geteken wat sal verseker kwotas verwyder word en alle lande die uitvoertariewe betaal. Hy het ook beveel dat die ingevoerde staal en aluminium in Amerika “gesmelt en behandel” moet word om te keer dat China en Rusland die betaling van die tariewe kan systap.
Trump gaan ook tariewe op lande plaas wat belasting hef op Amerikaanse goedere en oorweeg glo tariewe op onder andere motors en medisyne.
