Die Onteieningswetgewing maak oral opslae en veroorsaak verdeeldheid. Mag ons as volk nooit die leuse “Eendrag maak Mag” vergeet nie.
Die woord onteiening is skielik op almal se lippe en gedagtes. Hoe gaan dit ons raak en wat gaan gebeur? Is ons verdoem as ‘n volk?
Ons moet nie net onteiening van grond in ag neem nie, want daar het al verskeie onteienings opverskillende vlakke plaasgevind sedert 1994 waarvan ons salig onbewus is.
Ons land en soewereiniteit is van ons ontneem tydens die referendum in 1992 en die daarop volgende Codessa onderhandelings. Dit is alles op ‘n slinkse manier gedoen, wat slegs deur satan se kinders georkestreer kon word. Daar het ‘n groot klomp van ons mense geval vir die verleiding en dit net gelate aanvaar, wat tot gevolg het dat ons nou landloos geword het.
Ons word nou deur mense regeer wat nog aan voorvadergeeste glo en hulle nog stééds raadpleeg. Ons “leiers” het nou ook sover gedaal om saam met hulle te probeer regeer in ‘n “Regering van Nasionale Eenheid.”
Ons skole is stelselmatig van ons onteien deur infiltrasie van die swart mense, wat ons skole eenvoudig oorgeneem het, ons taal tot bykans niks verlaag het en weer eens word dit net gelate aanvaar. Ons kinders word gelaat met ‘n derderangse onderwysstelsel, wat jaar na jaar verswak en ons kinders beroof van ‘n ordentlike toekoms.
Ons word van ons woongebiede onteien, waar dieselfde infiltrasie plaasvind, waar ons nou in gebiede woon waar ons nie meer ons kultuur kan handhaaf nie.
Ons mense het wegbeweeg van ons afhanklikheid van God en Sy woord en daar word nou gefokus op hoe ek myself kan verryk en ‘n kenmerk van hierdie tyd is die eie EK wat meer werd is as samewerking.
Ons mense is onteien van hulle werk en middele om as ‘n Volk voort te bestaan deur regstellende aksie en Swart Ekonomiese Bemagting, wat ons mense met ‘n skrikwekkende spoed verarm.
Ons taal Afrikaans word uitrangeer op alle gebiede en sodoende onteien, omdat ons al hoe meer Engels as spreektaal moet aanvaar en ons aanvaar dit gelate. Op televisie met ‘n Afrikaanse kanaal word Engelse advertensies gebeeldsend, wat nog ‘n duidelike teken van indoktrinasie is.
Ons onteien onsself van ‘n toekoms om oor onbenullighede in hewige debatte betrokke te raak in plaas daarvan om saam te bind in ‘n EENHEID om al die bogenoemde te herstel vir ons Boere -Afrikaner Volk.
Het ons dan so dom geword dat ons toelaat dat die vyand(satan) ons so verlei en ons sien dit nie raak nie?
Ons staan nie as ‘n EENHEID op om dit te herstel nie – dit begin al hoe meer lyk soos broer teen broer. Soos hierbo genoem is die eie EK baie meer belangrik tussen ons leiers, as eerder die wil om ons God te soek en Sy Wil uit te voer as om ons VOLK te dien.
Hierdie is weer eens ‘n beroep wat ek doen – hou op om met mekaar te twis oor onbenullighede en STAAN SAAM in ‘n EENHEID.
Willie Cloete

