Die hartseer gesin van Moegamat Mushfeeq Floris (19) is verpletter gelaat terwyl hulle hopeloos toegekyk het hoe die tiener in sy ma se arms dood is nadat hy verskeie kere geskiet is.
“Ons is Dinsdag na die Wynberg-streekhof waar hy sy getuienis gelewer het.
“Hulle was veronderstel om aan te gaan, maar die verdedigingsadvokaat het gevra dat hulle tot Woensdag uitgestel word sodat hulle hom kan kruisondervra.
Kaptein Ian Bennett, polisiewoordvoerder, het op die toneel gesê Mushfeeq was ‘n staatsgetuie.
“Die skietery het Dinsdagaand om 19:35 plaasgevind waar die 19-jarige man voor sy huis doodgeskiet is.
“Daar word beweer dat die tienerman ‘n getuie is in ‘n strafsaak waar hy op 5 Februarie 2025 sou getuig.
“Die slagoffer het saam met vriende voor sy huis gesit toe hulle aangeval is en verskeie skote is op hom afgevuur.
“Hy het oor die buurman se muur gespring terwyl hy probeer vlug het en volgens ooggetuies het sy aanvaller voortgegaan met skiet.
“Hy het aan noodlottige skietwonde aan sy bolyf beswyk.
“Die verdagte het te voet van die toneel gevlug. ’n Saak van moord is geopen vir ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.”
Mushfeeq se ouers sê hulle is verpletter oor sy dood en verduidelik hy het gekies om nie in getuiebeskerming te gaan vir die verhoor nie.
“Hulle het hom wel by die hof gevra en hy het gesê dit gaan goed met hom. Ek het hom weer by die huis gevra en hy het my gerusgestel dat hy reg is om by die huis te wees,” het Fazlin gesê.
Enigiemand met inligting oor die skietery word gevra om Manenberg SAPD by 021 699 9400 of Crime Stop 08600 10111 te bel.
