Die staat staan borgtog vir Darryn Wilken (35) en Tiona Moodley (25), wat teregstaan op ‘n reeks aanklagte wat verband hou met die ontdekking van meer as 10 miljoen foto’s en video’s wat die seksuele misbruik van minderjariges uitbeeld, teen.
Wilken en Moodley is verlede maand in hegtenis geneem ná ‘n internasionale ondersoek waarby die Federale Buro vir Ondersoeke (FBI) en plaaslike owerhede betrokke was.
Terwyl Wilken in sy borgtogbeëdigde verklaring bevestig het hy het geen formele werk nie, én gesê het hy verdien na raming R50 000 per maand deur aanlyn-inhoud op verskeie webwerwe te verkoop, het die staat onthul dat hy tussen 2023 en 2024 ‘n inkomste van meer as R3 miljoen gegenereer het.
Die staat beweer dat ‘n artikel 205-ondersoek aan die lig gebring het dat beide Moodley en Wilken rekeninge by verskeie banke het waarin hulle aansienlike maandelikse inkomste ontvang het wat as moontlike kripto-geldeenheid gemerk is.
“Vir die jaar 2023 was sy jaarlikse omset in sy FNB premier lopende rekening R2 538 095. Volgens bogenoemde staar die applikante ‘n minimum van 24 aanklagte van geldwassery in die gesig wat ‘n minimum vonnis van 15 jaar per aanklag dra.
Vir die tydperk tussen September en Januarie 2024 het die FNB-stroom van die beskuldigdes ’n totale inkomste van R779 609 ontvang.”
Moodley het aan die hof gesê sy is werkloos en maak staat op Wilken vir finansiële ondersteuning. Die staat het egter beweer dat deur verskeie transaksies tussen die twee, Moodley se bankrekeninge weerspieël dat sy tussen 2023 en 2024 ‘n inkomste van nagenoeg R1,5 miljoen gehad het.
“Die jaarlikse kredietomset vir 2023 was R420 955. Die jaarlikse kredietomset vir 2024 was R1 254 029. Dit is ‘n 198% toename vanaf 2023,” het Ryan voortgegaan.
Daar word verder beweer dat sodra Moodley betalings via Snapscan- en Zapper-betalings ontvang het, sy die fondse na Wilken se rekening sou oorplaas.
Wilken het na bewering ook bedrae geld na sy ma se eiendomsonderneming oorgeplaas.
Borgtogverrigtinge in die saak van seksuele misbruik van kinders teen ‘n Gautengse egpaar is tot die einde van die week uitgestel.
https://www.facebook.com/pixiepinkadvocate