SAPD se nasionale toekennings is op 26 Januarie by die Durban Internasionale Konferensiesentrum aangebied.
Kaptein Piet (Pottie) Potgieter van Cradock is die afgelope Sondag tydens ‘n spoggeleentheid in Durban vir sy bobaas speurvernuf vereer.
Potgieter het by die SAPD se tiende Nasionale Uitnemendheidsfunksie ‘n tweede plek in die kategorie SA Speurder van die Jaar (vlak 8-12) behaal.
Dit volg na hy op 11 Januarie by die Oos-Kaapse jaarlikse toekennings as die provinsie se speurder van die jaar aangewys is vir sy handelsondersoek in ‘n hoëprofiel hofsaak.
SAPD se nasionale toekennings is op 26 Januarie by die Durban Internasionale Konferensiesentrum aangebied.
Bykans 800 gaste, insluitend die minister van polisie, Senzo Mchunu, sowel as ander hooggeplaaste polisielede, ook van Mosambiek, Angola, Lesotho, Botswana en Swaziland, het die geleentheid bygewoon om die 120 topkandidate te vereer.
Potgieter sê dit was vir hom ‘n besondere voorreg om die Oos-Kaap se naam hoog te hou.
Graaff-Reinet Nuus