Die Nelspruit-polisiestasie in Mpumalanga is Vrydagaand tydelik ontruim ná ‘n bomdreigementvoorval.
Provinsiale polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Jabu Ndubane het gesê inligting is ontvang van ‘n private sekuriteitsmaatskappy wat beweer dat ‘n bom in die polisiestasie geplant is.
“Die polisie ondersoek ‘n bomdreigementvoorval. Daar word beweer dat ‘n lid van die springstofeenheid om 19:00 (Vrydag)aand inligting van ‘n Polsec-lid ontvang het oor ‘n bom wat na bewering in Nelspruit-polisiestasie geplant is,” het Ndubane gesê.
“Alle rolspelers is na die stasie ontbied, insluitend die K9-eenheid. Die lede is uit die gebou ontruim en dienste is versteur.”
Ndubane het gesê ‘n deeglike soektog is deur die polisie se plofstof en K9-eenhede gedoen.
“Na die soektog is niks gevind nie en die ondersoek duur voort oor waar die oproep vandaan kom,” het sy gesê.
Dienste by die Nelspruit-polisiestasie is omstreeks 21:00 hervat.
IOL