Eskom sê hoë risiko van beurtkrag hierdie naweek, ná 10 maande se ononderbroke kragtoevoer

Die kragvoorsiener het Vrydag in ’n verklaring gesê ná meer as 10 maande se ononderbroke elektrisiteitstoevoer, weens die sukses van die Generation Recovery Plan, is daar die naweek ’n hoë risiko van beurtkrag op kort kennisgewing.

Dan Marokane, uitvoerende hoof van Eskom, het gesê: “Dit is ‘n potensieël tydelike terugslag. Beurtkrag is grootliks agter die rug as gevolg van die strukturele verbeterings in ons opwekkingsvloot.

“Ons het egter oor die afgelope sewe dae verskeie onklaarrakings ervaar wat verlengde hersteltye vereis.

“Dit het die gebruik van al ons noodreserwes genoodsaak, wat nou aangevul moet word.

Marokane het gesê hulle hou die status van sy huidige noodreserwes fyn dop.

Hy het gesê tot en met Fase beurtkrag kan oor die naweek geïmplementeer word.

Eskom het gesê hy sal verdere opdaterings verskaf.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui