Reserwebank verlaag rentekoerse met 0,25% wat broodnodige verligting vir Suid-Afrikaners bring

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) se Monetêre Beleidskomitee (MBK) het besluit om die rentekoers vir die eerste kwartaal van 2025 met 25 basispunte (bps) te verlaag.

Die repokoers is met 25 bps verlaag en sal van 7,75% tot 7,50% daal. Dit beteken die prima uitleenkoers sal ook daal van 11,25% tot 11%

Dit is die derde agtereenvolgende verlaging deur die MBK ná ‘n hoogtepunt van 14 jaar. In September het die Reserwebank se goewerneur, Lesetja Kganyago die repokoers met 25bps verlaag en weer in November het hy die rentekoers met nog 25bsp verlaag.

Daar was hoop dat die Kganyago en die MBK Suid-Afrikaners ‘n 50-basispuntverlaging sou gee soos ons die eerste helfte van die jaar ingaan. Dit sou veroorsaak het dat die prima uitleenkoers tot 10,75% gedaal het en die rentekoers tot 7,25%.

Dit was volgens Kganyago nie ‘n eenparige besluit nie en hy het gesê dat vier lede van die MBK hierdie optrede verkies het, terwyl twee ‘n onveranderde standpunt steun.

“Die komitee het uiteindelik saamgestem dat dit moontlik is om die mate van beleidsbeperking te verminder, wat die standpunt ietwat meer neutraal maak. Alle lede was egter bekommerd oor die onsekere globale vooruitsigte,” het hy gesê.

“Die MBK wil graag beklemtoon dat sy besluite op ‘n vergadering-vir-vergadering-grondslag geneem sal word, met geen voorwaartse leiding en geen voorafverbintenis tot enige spesifieke koerspad nie. Sulke besluite sal voortgaan om van vooruitsigte afhanklik te wees, te reageer op data-ontwikkelings , en sensitief te bly vir die balans van risiko’s vir die voorspelling,” het Kganyago gesê.

“Dit het ‘n universele verhoging van 10 persentasiepunte in Amerikaanse tariewe gekenmerk, met vergeldingsmaatreëls deur ander lande. Die scenario het hoër inflasie en rentekoerse wêreldwyd getoon, sowel as groter risiko-aversie in finansiële markte,” het hy verduidelik.

“In reaksie hierop het ons model voorspel dat die rand tot bykans R21 teenoor die dollar gaan depresieer, met binnelandse inflasie wat 5% bereik het en die beleidskoers ’n halwe persentasiepunt hoër, op sy hoogtepunt, relatief tot die basislynvoorspellings”.

“Belangrik is dat hierdie scenario ook laer inflasie en laer rentekoerse in Suid-Afrika getoon het, wat demonstreer hoe strukturele hervormings die landrisikopremie kan verminder en meer monetêre beleidsruimte kan skep,” het Kganyago gesê.

“In die lig van die probleme van die eksterne omgewing, bly dit noodsaaklik om binnelandse hervormingsmomentum te handhaaf terwyl makro-ekonomiese stabiliteit beskerm word.”

Die goewerneur het opgemerk dat Suid-Afrika se inflasievooruitsigte meer “ondeursigtig” is deur proteksionistiese beleid wat deur president Donald Trump en sy nuwe administrasie geraak is.

Kganyago het gesê inflasie sal ook deur die dollar- en randwisselkoers, wêreldwye oliepryse en plaaslike voedselpryse beïnvloed word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui