Die hoof van ‘n Laerskool in Bloekombos (Laerskool Ekuthuleni) is buite die skoolperseel doodgeskiet.
Die polisie in Kaapstad sê 3 aanvallers het die skoolhoof se motor genader toe hy voor die skool in Henzikilestraat stilgehou het en op hom losgebrand het.
Die 54-jarige skoolhoof is dood, terwyl sy vroulike passasier beseer is. Die verdagtes het in ‘n onbekende voertuig gevlug en misdaadtoneelondersoekers is op die toneel.
Die skoolgemeenskap in Kraaifontein in Kaapstad is getraumatiseer gelaat.
Nog ‘n skietery het vanoggend naby Laerskool Fanie Theron in Kraaifontein plaasgevind.
Sodra daar meer inligting beskikbaar is, sal ons daaroor berig.
Enigiemand met inligting oor hierdie noodlottige skietvoorval word versoek om die ondersoekbeampte, speurderkolonel Eddie Clark, by 082 469 1531 of Crime Stop by 08600 10111 te kontak.