Groot deurbraak nadat polisiebeampte in Ermelo vermoor is

Vyf verdagtes is in minder as 12 uur gearresteer nadat ‘n polisiebeampte Donderdag, 16 Januarie 2025 omstreeks 14:00 koelbloedig in ‘n teregstellingstyl in Ermelo vermoor is.

Die beampte was op pad terug kantoor toe sy voertuig in ‘n koeëlreën deur die aanvallers beland het. Die beampte het kort ná sy aankoms in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

‘n Span bestaande uit die Valke Secunda en Nelspruit Ernstige Georganiseerde Misdaad Ondersoek, Secunda Misdaad Intelligensie, Ermelo Speurders, en Gert Sibande Distriksspeurders sowel as private sekuriteits- en opsporingsmaatskappye is saamgestel.

Lede se pogings het daartoe gelei dat vyf verdagtes, vier mans tussen 29 en 40 jaar oud, en ‘n 36-jarige vrou biine 12 ure in Nelspruit aangekeer is. Daar is ook tydens die arrestasie beslag gelê op een van die voertuie, ‘n blou VW Polo, wat vermoedelik in die pleging van misdaad gebruik is, terwyl ‘n BMW wat op die misdaadtoneel opgemerk is, in ‘n veld in Ermelo gevind is waar dit tot as verbrand is. ‘n Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die verbrande voertuig verlede jaar, Oktober 2024, in Culcatta gekaap is.

Die saak word ondersoek deur die Valke se Secunda-gebaseerde ondersoek na ernstige georganiseerde misdaad.

Die Mpumalanga Provinsiale Hoof van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek, generaal-majoor Nico Gerber, het die gesamentlike poging van die multidissiplinêre span geprys om die groot deurbraak te verseker. “Dit is ‘n harde pil om te sluk dat een van ons eie se lewe op so ‘n brutale wyse kortgeknip is, ons sal verseker dat geregtigheid geskied aan ons gevalle held. Ek prys die lede se toewyding, wat met die ontvangs van die inligting gewerk het om te verseker dat hul pogings ‘n mate van afsluiting vir die familie bring, wetende dat sy kollegas sy lewe en diens vereer het, deur die arrestasie te beïnvloed,” het die Generaal gesê.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui