Die jongste aanval syfers vir 2024 in Suid-Afrika is op 16 Januarie 2025 uitgereik.
Volgens die statistieke het 34 boere hul lewens verloor en 188 aanvalle het plaasgevind. Dit klink na ‘n druppel in die emmer, maar die effek wat dit op die Suid-Afrikaanse Blanke bevolking het, is baie groot en baie ernstig.
Dit is tragies met ontsettend baie trauma, hartseer en ontsetting wat daarmee gepaargaan, want die publiek sien en hoor selde enige nuus wat die Blankes in Suid-Afrika aanbetref. Die geweld waarmee aanvalle en moorde op ons mense plaasvind, word nie beskryf nie en daarom klink media berigte niksseggend en sensasioneel.
Dit is alles behalwe sensasioneel. Ons volk word stelselmatig uitgeroei en die oproep vir almal om waaksaam en paraat te wees, is ernstiger as wat enigeen besef.
Luister asseblief na die aangehegte video, neem dit wat gesê word ter harte en maak seker u vergeet nie uit die oog dat enigeen ‘n slagoffer kan wees nie.
Hiérdie statistieke is slegs op plaasmoorde en-aanvalle van toepassing.