Die twee-en-dertigjarige Ayanda Moyikwa van Bardale was op pad werk toe om ‘n kollega op te laai toe hy by Uitbreiding 6 doodgeskiet is.
Die Wes-Kaapse polisie het ‘n uitgebreide soektog van stapel gestuur na twee gewapende verdagtes. Die konstabel was oppad om ‘n kollega te gaan oplaai oppad werk toe, toe hy gereageer het op ‘n rooftog wat plaasvind in Mfuleni in Kaapstad.
Volgens die polisie het die slagoffer wat op pad was om by die Kaapstadse Internasionale Lughawe vir diens aan te meld, in sy privaat voertuig vir ‘n kollega in Gcuwastraat Mfuleni gewag toe hy deur twee onbekende mans genader is.
Patekile het kommer uitgespreek oor die groeiende aantal aanvalle op die polisie. Hy is bekommerd oor die jong polisielede wat hul lewens verloor, want hulle is dié wat eendag die leisels moet oorneem by die ouer garde.
Moyikwa sou sy tweejarige dogtertjie se verjaardag eerskomende Woensdag en syne op Vrydag vier. ’n Emosionele Moyikwa se ouer broer, Thandikhaya Moyikwa, sê die familie is baie radeloos.
“Ek weet nie wat ek moet sê nie, want dit was my boetie. Ons het saam gebly, nou gaan ek alleen hier bly. Ek het nie vriende nie, daardie ou was my vriend. As hy by die werk is bly ek alleen hier, dan as hy terugkom, sit ons saam en doen alles saam. Dit is vir my ’n pyn,” sê Moyikwa.
Die polisie het ‘n beroep op die publiek gedoen om na vore te kom met inligting wat kan help met die ondersoek.
POPCRU ht ook sy kommer uitgespreek oor die moorde op polisielede in die land