As deel van Afrika se grootste kleinhandelaar se jaarlikse nasionale verskafferstoekennings, het die Shoprite Groep van Maatskappye Tru-Cape Fruit Marketing as Verskaffer van die Jaar erken.
Die nasionale rondte van die Shoprite Groep se Verskafferstoekennings word jaarliks in Stellenbosch gehou om erkenning te gee aan verskaffers vir hul ondersteuning en samewerkende benadering tot die maatskappy se besigheid gedurende die jaar en om die kleinhandelaar te help om kwaliteit produkte en dienste teen die laagste pryse aan sy kliënte te verskaf.
Verskaffers wat vir hierdie gesogte toekenning genomineer word, word geëvalueer op kriteria soos die mate waarin hulle bygedra het tot die supermarkgroep se groei en verbeterde verdienste, hul voorraadhouding en diensvlakke, die doeltreffendheid van hul administrasieprosesse, en die wyse waarop hulle ondersteuning by winkel- of hoofkantoorvlak.
Roelf Pienaar, besturende direkteur van Tru-Cape Fruit Marketing, het gesê dat die toekenning, wat hy saam met Tru-Cape-voorsitter Pieter Graaff ontvang het, vir Tru-Cape soveel belangriker was aangesien The Shoprite Group Tru-Cape se grootste klant bly. “Ons waardeer ons langdurige verhouding met Freshmark, die Shoprite Groep se vrugte- en groenteverkrygingsarm, nie net weens die groot aantal kartonne appels en pere wat hulle by ons koop nie, maar ook vir die konstruktiewe rol wat hulle speel om uitnemendheid in ons bedryf te dryf, ” sê hy.
Tru-Cape is ook vanjaar deur die Britse kleinhandelaar Tesco erken vir uitnemende diens.