Met die minister van polisie, Senzo Mchunu wat ‘n opdrag gegee het om die vulling van vakante poste by Crime Intelligence te stop, veg Paul O’Sullivan, stigter van Forensics for Justice, teen die “valskerm” aanstelling twee maande gelede van ‘n 29-jarige brigadier wat na bewering geen polisie opleiding of ondervinding het nie, geen rybewys, geen vuurwapenopleiding, geen gespesialiseerde vaardighede – en geen Sekuriteitsklaring het nie.
O’Sullivan het die Brigadier 14 dae gegee om alle dokumentasie met betrekking tot haar aanstelling voor te lê, insluitend die name van diegene wat dit gefasiliteer het; te bedank; en alle betalings terug te gee – of aanklagte in die gesig te staar “om die misdadiger wat jou aangestel het aan die kaak te stel”.
O’Sullivan sê groot dele van die polisie bly gevange omdat die Zondo-kommissie nie ‘n groot aantal aanstellings van individue met ‘n hoë rang ondersoek het wat nie geskik en gepas is om in daardie posisies te wees nie.
O’Sullivan vra vir ‘n interne kommissie van ondersoek na “die baie senior aanstellings wat onregmatig gemaak is” oor die afgelope 10 jaar.
“As die persoon wat in 2025 as Kommissaris van Polisie aangestel is ‘n etiese persoon is, sal ek met graagte gratis diens lewer deur te sê, luister hier, dit is die navorsing wat ons gedoen het, hier is ‘n goeie wegspringblok vir jou want ons het ‘n aantal senior polisiebeamptes wat weggejaag moet word – en hoe gouer hulle weggejaag word, hoe beter.”