’n Bloemfonteinse sekuriteitsmaatskappy het gedurende die feestyd ’n toename in huisbrake en opportunistiese misdade oor die Vrystaat heen aangemeld.
Gavin Benbrook, hoofbestuurder van Defensor, het gesê baie gesinne het van vakansies af teruggekeer om te vind dat daar by hul huise ingebreek is, dikwels omdat waardevolle bates onbeskermd gelaat is.
“Die tendens hierdie jaar, het ons ‘n merkbare toename in opportunistiese misdade gesien van mense wat by motorhuise inbreek om tuintoerusting te steel en goed wat in die erwe lê wat gesteel word, dit is wat ons nou sien en ook die normale kabeldiefstal waarna die ouens beslis agterna is, so hulle trek koperdraad uit die huise en pype en krane.”
Terwyl amptelike misdaadstatistieke oor die feesseisoen nog nie bekend gemaak is nie, het die Vrystaatse polisie ook ‘n toename in huisbrake waargeneem.
Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het inwoners versoek om gebruik te maak van die leë huisregister wat by alle polisiestasies beskikbaar is, om owerhede in te lig wanneer hulle weg is.
“Die ander ding wat ons aangeraai het, is dat ons gedurende die feestyd by elke polisiestasie ‘n register het wat ‘n leë huisregister genoem word – dit is ‘n register wat mense gebruik om daardie huise te patrolleer waar eienaars aangemeld het dat hulle nie tuis sal wees nie. So meeste van die mense weet nie hiervan nie, ons het probeer om hulle te daarop te wys dat daar by elke polisiestasie ‘n leë huisregister is en gedurende die nag wanneer dit stil is, sal die patrolleerders die boek vat, hulle sal gaan na die huis toe om rond te kyk,” sê Makhele.
Hy het bygevoeg dat huissekuriteit nie duur hoef te wees nie, maar elke huishouding moet een of ander vorm van voorkomende maatreël toepas om die risiko van inbrake te verminder.