Operasie Shanela het groot sukses behaal vir die tydperk Maandag 30 Desember 2024 tot Sondag 5 Januarie 2025 deur sy hoëdigtheid-operasies.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het 13 105 verdagtes gearresteer tydens hierdie tydperk en beslag is gelê op 125 vuurwapens.
Deur OPERASIE SHANELA gaan die SAPD voort om ‘n dapper en besliste benadering te volg in die hantering van misdaad in die land. Hierdie misdaadbekampingsaktiwiteite sluit in opsporingsoperasies, padblokkades, hoësigbaarheidspatrollies, stop en deursoekings sowel as die opsporing van gesoekte verdagtes.
Alle SHANELA-bedrywighede word deur die Provinsiale Kommissaris van elke provinsie gelei.
Net hierdie week alleen is die volgende arrestasies gemaak:
▶️ 1 743 gesoekte verdagtes is in hegtenis geneem. Dié verdagtes is gesoek vir verskeie ernstige en gewelddadige misdade soos moord, poging tot moord, verkragting, sake- en huisrooftogte.
▶ 142 verdagtes is gearresteer vir moord waar die meerderheid van hierdie verdagtes in die Oos-Kaap gearresteer (36) is;
▶️ 81 verdagtes is gearresteer vir poging tot moord;
▶️241 verdagtes is gearresteer vir verkragting. Weer eens het Natal die meerderheid van hierdie verdagtes opgelewer met 119 arrestasies;
▶️ 1 646 verdagtes is in hierdie tydperk vir aanranding GBH gearresteer;
▶️ 473 dwelmhandelaars is die afgelope week in hegtenis geneem;
▶️ 1 337 verdagtes is gearresteer vir die besit van dwelms, waarvan die meerderheid van hierdie verdagtes in die Wes-Kaap in hegtenis geneem is (635);
▶️ 126 verdagtes is gearresteer vir die onwettige besit van vuurwapens. Die meerderheid van hierdie verdagtes is in Natal gearresteer (37);
▶️ 1 166 onwettige buitelandse burgers is ook in hierdie tydperk gearresteer;
▶️ 873 bestuurders is die afgelope week vir dronkbestuur in hegtenis geneem met die meerderheid van arrestasies in die Oos-Kaap (181);
Onder terugvorderings en beslagleggings het die polisie die volgende suksesse geregistreer:
▶️ Daar is die afgelope week op 125 vuurwapens beslag gelê;
▶️ Daar is ook beslag gelê op 752 rondtes ammunisie;
▶️ 51 gekaapte en gesteelde voertuie is ook tydens hierdie week se operasies teruggevind.
Hoogtepunte van groot verwyderings en ander suksesse sluit die volgende in:
▶️ Die polisie in Mpumalanga het twee verdagtes in hegtenis geneem wat twee mans doodgeskiet het terwyl hulle in ‘n Toyota Avanza in Ermelo gesit het. Die verdagtes het toe ná die voorval van die toneel gevlug. Die polisie het daarin geslaag om die verdagtes op te spoor en in hegtenis te neem en hulle staan tereg op twee aanklagte van moord.
▶️ ’n Multidissiplinêre span bestaande uit die SAPD Sekhukhune-taakspan, Operasie Vala Umgodi-lede en private sekuriteit het die mees gesoekte Zimbabwiese voortvlugtige Lovemore Musoyi (32) weer in hegtenis geneem nadat hy uit polisie-aanhouding ontsnap het. Hy staan tereg op meer as tien kriminele sake, insluitend moord, poging tot moord, gewapende rooftogte, huisrooftogte, sakerooftogte, ontvoering, aanrandings, veediefstal, besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie wat in Elandskraal, Motetema, Dennilton en Rakgoadi in die Sekhukhune-distrik se polisiëringsgebiede voorgekom het.
▶️ ‘n Gesamentlike operasie wat deur die Gautengse eenheid vir vervalsing, Vispol, kommersiële misdaad, handelsmerkbeskermers en reserviste uitgevoer is, het gelei tot die beslaglegging op vervalste en onwettige goedere ter waarde van R 627 290 in Midrand, Johannesburg.
▶️ Lede van die Anti-Bende-eenheid in die Wes-Kaap het ‘n 35-jarige man in hegtenis geneem nadat hy in besit van ‘n AK47-aanvalsgeweer en ammunisie gevind is.
▶️ Die polisie in Noordwes het op 05 Januarie 2025 vyf verdagtes in verband met die ontvoering en moord op die 26-jarige Lesego Klaas Makaku in Hartebeespoortdam aangekeer. Die verdagtes het die slagoffer buite die taverne na die straat gesleep, waar hulle hom na bewering aangerand het en hy dood is. Hulle staan tereg op aanklagte van ontvoering en moord.
▶️ OPERASIE VALA UMGODI-taakspanne teken steeds prysenswaardige suksesse in die land aan. Net verlede week alleen het die polisie 54 verdagtes vir onwettige mynbou in hegtenis geneem. Die meerderheid van hierdie verdagtes is in die Mpumalanga-provinsie gearresteer. Weereens, die span wat in Noordwes ontplooi is, moniteer steeds voortgesette bedrywighede in Stilfontein.
▶️’n Verdagte is doodgeskiet in ‘n skietgeveg met die polisie en een is in hegtenis geneem ná ‘n huisroof in Barberton, Mpumalanga provinsie. Die gewapende verdagtes het die gesin, insluitend die nege maande oue baba, gyselaar gehou en hulle van ‘n onbekende bedrag kontant beroof voordat hulle met hul Ford Ranger weggery het. Die polisie het die voertuig opgemerk, die verdagtes het op die polisie losgebrand wat ook teruggeskiet het. Daar is in die voorval beslag gelê op ‘n pistool met ammunisie sowel as ‘n magasyn.
Die polisie sal voortgaan met hul bedrywighede deur die gesag van die staat te laat geld om die veiligheid en sekuriteit van alle Suid-Afrikaners en besoekers aan die land te verseker.